Daantjie Badenhorst se resensie oor Die Heuwels Fantasties se album, “Alles wat mal is”
Alles vir Maandag 15 April 2013
Ouma en kleinkind vermoor
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy sy identiteitsdokument op die toneel verloor het waar hy glo ʼn bejaarde vrou en haar kleindogter vermoor het.
Sakeman in Koffiebaai doodgeskiet
ʼn Sakeman is Sondagmiddag in Koffiebaai in die Oos-Kaap tydens ʼn rooftog by sy winkel doodgeskiet.
Vleisskandaal: Sondebokke kan tronk toe
Verskaffers wat betrokke is by die land se vleisskandaal kan swaar boetes of selfs tronkstraf opgelê word.
Resep: Bobotie
Bobotie is moontlik die gewildste gereg van die Kaapse kookkuns. ‘n Gebakte eier- en melksous, met ‘n titseltjie suurlemoensap, of ‘n lourierblaar of wat, bedek ‘n pikante potpourri van geure – maalvleis met kerrie, appelkose, rosyne, neute en kruie.
Nuuskommentaar: Die lewe volgens Jim
Die grootbaas van Numsa, Irvin Jim, kap die nasionale ontwikkelingsplan, witmense en gematigdheid.
“Modimolle-monster” getuig dalk vandag in hof
Johan Kotze, oftewel die Modimolle-monster, en sy drie medebeskuldigdes se verhoor hervat vandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof.
Henning-moord: Twee weer in hof
Chanelle Henning se moordsaak gaan na verwagting Maandag in die Pretoria-hooggeregshof hervat word.
2013 se Ghoema-wenners
Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld en Juanita du Plessis was van die groot wenners tydens die tweede jaarlikse Ghoema-musiekpryse wat Sondagaand tydens ‘n glansgeleentheid by Carnival City in Brakpan oorhandig is.
Menslike oorskot in Noordwes gevind
Menslike oorskot is in twee afsonderlike gevalle in Noordwes gevind, het die polisie Sondag gesê.
Tien vas na man se dood
Tien mense is in hegtenis geneem nadat ʼn man dood gevind is buite ʼn kroeg in Olievenhoutbosch, Gauteng.