Die polisie het destyds beslag gelê op selfone van verkeie polisiebeamptes nadat dit aan die lig gekom het dat hulle Oscar Pistorius afgeneem het kort nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.
Alles vir Dinsdag 16 April 2013
AfriForum weer in hof oor Pretoria straatname
AfriForum is Dinsdag weer in die Noord-Gautengse hooggeregshof oor die verandering van 25 straatname in die hoofstad, Pretoria, deur die Tshwane Metroraad.
Vrae oor Boston-ontploffings
Kenners krap steeds kop oor wie agter die Bostonse bomontploffings sit, en wat die rede daarvoor kan wees.
Olifant vertrap hanteerder
Twee olifante het Maandag ʼn hanteerder by die Elephant Sanctuary, naby Hartbeespoortdam, doodgetrap.
DA gaan Kaapse tolprojek beveg
Die voorgestelde N1-N2 Wynland-tolprojek in die Wes-Kaap gaan ʼn groot invloed op die armes in stedelike en landelike gebiede in die provinsie hê, het die DA Maandag gesê.
Nuuskommentaar: “Regterlike Droogmaakkomissie (RDK)”
Die RDK het verklaar dat dit die bedanking van ‘n senior lid, dr. Izak Smuts verwelkom deur te sê: “As hy nie tevrede is oor die wyse waarop die kommissie bestuur word nie, is dit beter dat hy bedank.”
Drie kinders dood in brand
Drie kinders het Dinsdag in die vroeë oggendure in Germiston, oos van Johannesburg, doodgebrand.
“Modimolle-monster” vandag dalk in getuiebank
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster”, gaan na verwagting vandag in die hof vir die eerste keer sy weergawe vertel van die dag toe sy voormalige vrou verkrag en gemartel is, en sy stiefseun doodgeskiet is.
Twee Suid-Afrikaners beseer in Boston-ontploffing
Twee Suid-Afrikaners is onder talle wat beseer is ná twee ontploffings Maandagaand by die eindstreep van die Boston-marathon in Amerika.
Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad
Minstens drie mense is dood en meer as ʼn 100 beseer na twee ontploffings gister naby die eindstreep van die Boston-marathon.
Renosters met AK’s geskiet, ses vas
Ses vermeende renosterstropers is in hegtenis geneem na twee renosters oor die Paasnaweek geskiet en onthoring is op ʼn plaas in Naboomspruit, Limpopo.
Polisieman vir 18 jaar tronk toe
ʼn Senior polisiebeampte is Maandag in die Sasolburg-streekhof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy onder meer aan verkragting skuldig bevind is.
Derde ontploffing nie verwant aan Boston-marathon
Die polisie in Boston het bevestig dat ‘n derde ontploffing, wat ongeveer ‘n uur ná die twee ontploffings by die Boston-marathon se eindstreep gehoor is, nie verband hou met die aanvanklike twee ontploffings nie.