Die liggaam van ʼn tweede man is gevind nadat ʼn vliegtuig Dinsdagaand in die Modimola-dam buite Mahikeng (Mafikeng) in Noordwes neergestort het.
Alles vir Donderdag 18 April 2013
Staat gaan appelleer teen McBride se vryspraak
Die staat gaan teen die onlangse vryspraak van Robert McBride, die voormalige hoof van die Ekurhuleni-metropolisie wat aanvanklik tronkstraf opgelê is vir dronkbestuur en regsverydeling, appelleer.
‘Modimolle-monster’: Kotze onder kruisverhoor
Johan Kotze se getuienis Woensdag onder kruisverhoor in die sogenaamde Modimolle-monster-saak.
Buthelezi vir wyle sanger aangesien by Thatcher-begrafnis
Mangosuthu Buthelezi, die leier van die Inkatha Vryheidsparty, is Woensdag vir wyle sanger Ray Charles misgis tydens Margaret Thatcher, die voormalige Eerste Minister van Brittanje, se begrafnis in Londen.
Vrystaat-man vermoor glo sy “duiwel-aanbidder”-vrou
ʼn 20-jarige man is in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy glo sy 25-jarige vrou vermoor het omdat sy na bewering die duiwel aanbid het.
Skokvideo: Zuma, winkeleienaar veroordeel aanval op ouma
David Alexander, die eienaar van die winkel waar ʼn vrou wreed aangerand is nadat sy glo onderklere gesteel het, het die aanval in sy winkel streng veroordeel.
Nuuskommentaar: Het FW nog ‘n rol?
“‘n Enorme reaksie van lesers, waarvan byna almal hul kuberpenne in gal gedoop, bestempel hom as “verraaier” of veel erger.”
Foto’s en video: 200 beseer in Amerika-ontploffing
Minstens 200 mense is beseer en ʼn onbekende hoeveelheid mense is dood ná ʼn groot ontploffing Woensdagaand by ‘n kunsmis-aanleg in Texas in Amerika.
Telkom gaan reuse boete betaal
Telkom gaan die boete van R449 miljoen betaal wat die Mededingingstribunaal verlede jaar aan hom opgelê het nadat die twee partye ʼn skikkingsooreenkoms bereik het.
Pta-straatname: Uitspraak voorbehou
Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdagaand uitspraak voorbehou in die burgerregte-organisasie AfriForum se aansoek om ʼn interdik rakende Pretoria se straatname.
SA man lewendig gevind in Indonesiese see
Brett Archibald (50) van Kampsbaai in Kaapstad is lewendig gevind nadat hy vir meer as ʼn dag lank in die Indonesiese see rondgedryf het nadat hy tydens ʼn visvangreis oorboord geval het.