Die polisie is op soek na twee mans wat Marais van der Merwe, ʼn boer van Middelburg in die Oos-Kaap, aangeval het.
Lees meerAlles vir Maandag 22 April 2013
Nuusvoorspelling vir 23 April
Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 22 April en wat ons Dinsdag, 23 April, in die nuus te wagte kan wees.
Video: Maljan sakkie-sakkie rekord los
Maljan, ʼn waaghalsige hanswors en aanbieder van JacarandaFM, het homself moontlik in die Guiness World Records in gedans.
Huisrower in Oos-Rand doodgeskiet
ʼn Vermeende huisrower is Sondag tydens ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie in Benoni doodgeskiet.
Koue winter wag, waarsku Eskom
Brian Dames, Eskom se hoof uitvoerende beampte, het Maandag verbruikers versoek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om wydverspreide kragonderbrekings die winter te verhoed.
Meer praat Afrikaans as wittes, wys studie
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) het Maandag in ʼn verslag gesê daar is meer swart-, kleurling- en Indiërmense wat Afrikaans as huistaal praat as witmense.
Video: ATKV deel veertjies uit
Die land se voorste Afrikaanse joernaliste en akteurs is Vrydag met die gesogte ATKV-Mediaveertjies bekroon.
Kwartmiljoen rand se boetes oor stukkende remlig
‘n Jong man wat in Prinsenbeeck, Nederland, voorgekeer is omdat sy voertuig se remlig stukkend is, blyk toe meer as 23 000 euro’s se uitstaande boetes vir dié lig te hê.
Regstellende aksie kan glo lei tot meer vliegongelukke
Strategypage, die internasionale militêre dinkskrumwebwerf, glo die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) se regstellendeaksiebeleid sal tot hoër vliegtuigongeluk-statistiek lei.
Sportster met R60 000 beboet
Bryce Moon is Maandag ʼn boete van R60 000 of twee maande tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag.
Drie sterf in Gauteng-botsing
Drie mense is dood en 12 beseer nadat twee minibustaxi’s Maandag reg van voor naby Midrand teen mekaar gebots het.
Man vas ná knopkieriemoord
Juda Joseph Plekenbol (30) is verlede week in Pretoria in hegtenis geneem, vyf dae nadat Louis Eksteen (45) dood in sy huis in Garsfontein aangetref is.
Krag- water- en vullisprobleme in Witbank
Alhoewel die eMalahleni-munisipaliteit (Witbank) Woensdag onder administrasie geplaas is, moet inwoners glo nie verwag dat die krag-, water- en vullisprobleme oornag opgelos gaan word nie.
Kovsie-student wreed verkrag ná kaping
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval en verkragting op ʼn student van die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) nie.
Man wil dagvaar ná Facebook-beskuldiging
Philip Brink van Gordonsbaai beplan om ʼn polisiebeampte te dagvaar nadat sy glo ʼn foto van sy stiefseun op Facebook geplaas en hom van diefstal beskuldig het.
Karabus dalk binnekort tuis
Prof. Cyril Karabus kan moontlik binnekort toestemming ontvang om die Verenigde Arabiese Emirate te verlaat en na Suid-Afrika terug te keer.
Kommer oor Dettol en Domestos
Die Nasionale Reguleerder van Verpligte Standaarde (NRCS) het Maandag aan Maroela Media gesê hy is bekommerd oor sekere ingevoerde Dettol en Domestos-produkte en hulle oorweeg om die produkte landwyd te herroep.
Uitdrukking: Die bestekamer besoek
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Die bestekamer besoek’.
Nuwe boek: Aan die stuur: My Leierskapsreis
Daar is al baie boeke oor leierskap geskryf, maar hierdie is ‘n persoonlike verhaal wat die intellek sal aangryp en die hart sal aanraak.
Nuuskommentaar: Word Suid-Afrika soos Zimbabwe?
By verre die meerderheid swart mense glo wit mense het hul grond bekom deur dit van swart mense te steel…