Kirsty Theologo is in ‘n beweerde sataniese ritueel geoffer om vier wense te vervul, het die hooggeregshofsitting by die Palm Ridge-landdroshof Dinsdag gehoor.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 April 2013
‘Modimolle-monster’ het Ina glo verafgod
Aantygings dat Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, nie aanspreeklik gehou kan word vir sy dade nie, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof in twyfel getrek.
Kinderhuis glo ‘te wit’ vir skenkings
Bepalings van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE) het privaatondernemings glo ontmoedig om donasies aan ‘n Pretoriase kinderhuis te maak, aangesien meeste van die kinders glo wit is.
19-jarige vas oor baba se ontvoering
‘n Man is in hegtenis geneem nadat ‘n sewe maandeoue baba in Port Elizabeth ontvoer is.
Twee glo met ploftoestelle betrap
Twee mans wat glo plofstof in hul besit gehad het, is Dinsdag in ‘n toilet by ‘n winkelsentrum in Bedfordview in hegtenis geneem.
Die stilte in myself
Purper en kaneel, komyn en smarag, die kunsboek oor die lewe en werk van die kunstenaar Hannetjie de Clercq wat in 2012 verskyn het, was oombliklik ‘n wegholsukses.
Vrou in hof, agt jaar ná moord
Die vrou wat in hegtenis geneem is nadat ʼn speurder haar in ʼn koerantberig herken het as ʼn verdagte van ʼn moord wat agt jaar gelede gepleeg is, het Maandag in die hof verskyn.
Vier dood in helikopter-ongeluk
Vier mense is dood nadat ʼn helikopter Dinsdag tussen Nelspruit en Lydenburg neergestort het.
Daling in brandstofprys verwag
Motoriste sal Vrydag hoor wat hulle in Mei vir brandstof sal moet opdok, maar volgens kenners kan ʼn daling in die brandstofprys verwag word.
“Skep taakspan om Bloem-verkragters vas te trek” – AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die polisie Dinsdag versoek om ʼn toegewyde taakspan aan te wys om die verkragters aan te keer wat vroulike studente in Bloemfontein aanval.
“Skoliere moet eerder saam betoog” – Cosatu
Cosatu en die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het glo hoërskoolleerlinge versoek om nie Woensdag skool by te woon nie en aan hul landswye betogings deel te neem.
Uitdrukking: Met die linkerhand trou
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘ Met die linkerhand trou’.
Nuuskommentaar: Onbevoegdheidsertifikate vir ministers
Wat is die eerste gedagte wat in ‘n mens se kop inskiet as die name Lulu Xingwana, Angie Motshekga, Manto Tshabalala-Misimang, Sicelo Shicka, Sibusiso Bengu en Dina Pule ter sprake kom?
Ouers ‘jag’ pedofiele
Bekommerde ouers van Engeland het ʼn groep geskep in ʼn poging om pedofiele te lok en te konfronteer.
Malema vlugtig in hof, saak uitgestel
Die saak teen Julius Malema, die voormalige leier van die ANC-jeugliga, is Dinsdag in die hof in Polokwane, Limpopo, tot 20 Junie uitgestel.
Geroomde spinasie met Fetakaas
Heerlike geroomde spinasie met Fetakaas-resep.
Rugbyblog: Uitspeelkandidate kom nou na vore
By die halfpadmerk van die Super 15 begin die uitspeelkandidate stadig maar seker na vore tree.
Malema-kunswerk vir uitstalling geweier
Alta Bonnet, ʼn 17-jarige hoërskoolleerling van Bloemfontein, se kunswerk van Julius Malema mag nie by die Bloemskou uitgestal word nie, omdat dit glo “te polities” is.
Predikant vies vir mediese raad
Eerw. Andrew George het Maandag glo woedend uit ʼn mediese verhoor in Pretoria gestorm nadat ‘n klagte teen ’n dokter wat hom behandel het, teruggetrek is.
‘Modimolle-monster’: Sielkundige volstaan met verslag
Die kliniese sielkundige in die sogenaamde Modimolle-monstersaak beweer daar is nog niks voor die Pretoriase hooggeregshof gebring wat haar in haar bevindings laat twyfel nie.