Lester Moody, wat skuld op Kirsty Theologo se moord in ‘n beweerde sataniese ritueel beken het, is Vrydag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof van teenstrydige getuienis beskuldig.
Lees meerAlles vir Vrydag 26 April 2013
Buurman en polisie trek verdagtes vas
Drie vermeende rowers is Vrydag gewond nadat hulle ‘n familie in Highlands North naby Johannesburg met ‘n vuurwapen aangehou het.
Durbanse hawe weer veilig ná gaslekkasie
Die Durbanse hawe is weer veilig verklaar nadat 14 mense Vrydag ná ‘n ammoniakgaslekkasie behandel moes word.
Vier met ‘verlof’ weens seksuele teistering
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het vier van sy personeellede op spesiale verlof geplaas ná bewerings van seksuele teistering teen hulle aangangig gemaak is.
Uitdrukking: In die boontjies raak
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘ In die boontjies raak’
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
Daar is glo na Kirsty Theologo as “braaivleis” verwys toe haar moord in ʼn beweerde sataniese ritueel beplan is.
Planne vir Wes-Kaapse plase
Gerrit van Rensburg, LUR vir landbou in die Wes-Kaap, het ʼn plan van stapel gestuur om ʼn aantal kwessies in die landboubedryf aan te spreek.
Vyf skolerugbyspelers uit die see gered
Vyf skoliere is Donderdag in Port Edward in die see meegesleur toe hulle ná rugbyoefening wou gaan swem.
Dwelmmiddels glo op Bieber-bus
Die polisie in Swede sê hulle het dwelmmiddels op popster Justin Bieber se toerbus aangetref.
Tukkies verjaag AfriForum oor “regstellendeaksie-koffie”
AfriForum Jeug is vandag deur die sekuriteit van die Universiteit van Pretoria (UP) verbied om hulle veldtog teen rasklassifikasie voort te sit nadat die organisasie koffie teen verskillende pryse aan studente van verskillende rasse verkoop het.
Verligting in die petrolprys
Motoriste kan ‘n sug van verligting slaak ná die aankondiging Vrydag dat petrolprys volgende week Woensdag sal daal.
Kaapse visserman word vermis
‘n Kaapse visserman word vermis nadat hy Vrydag van ʼn kreefboot naby Kaappunt Natuurreservaat oorboord geval het.
Stormers wen net-net in NZ
Die Kaapse storm was te sterk vir die Wellingtonse winde met die Stormers wat vanoggend ‘n naelskraapse oorwinning oor die Nieu-Seelandse Hurricanes in Palmerston North behaal het.
61-jarige vrou vas oor dagga
ʼn 61-jarige vrou is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo dagga verkoop het.
Toeoog-afspraak met ‘n kaper
Donald Bernard McGee Jr. (19) van Florida in Amerika het glo ʼn meisie se motor gekaap nadat hulle ʼn eerste afspraak saam geniet het.
Inligtingswet: Tegniese fout in stemstelsel
ʼn Tegniese fout het glo verkeerdelik aangedui dat Mathole Motshekga, hoofsweep van die ANC, Donderdag teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting gestem het.
Marikana-verhoor duur dalk tot 2014
Prokureurs van die verhoor oor die onrus by Marikana is bekommerd dat die verrigtinge tot 2014 uitgerek gaan word, het die Farlam-kommissie van Ondersoek Donderdag gehoor.
Nuuskommentaar: Statutêre staatsgreep voor Vryheidsdag?
Môre word Vryheidsdag gevier, twee dae na die parlement die snoerwet, ook bekend as die muilbandwet, deur die parlement gestoomroller het.
Video: Mediese lêers in veld opgespoor
Sowat 300 lêers van pasiënte van onder meer die Medikliniek Secunda-hospitaal, is in ‘n veld noord van Pretoria gevind.
Video: Jong atletiekster in plakkerskamp
Irene van Niekerk, ‘n 15-jarige van Gauteng het byna oornag bekendheid verwerf met haar atletiektalent.