ʼn Vrou is Sondagoggend in Theresapark, noord van Pretoria, in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op drie gesteelde motors en vier ongelisensieerde vuurwapens.
Lees meerAlles vir Sondag 28 April 2013
Stadsamptenare in Gugulethu aangeval
Ses amptenare van die stad Kaapstad is aangeval en ʼn munisipale motor en skoonmaaktoerusting is aan die brand gesteek in die Kanana informele nedersetting in Gugulethu.
Klasaksie-eis van R79 miljard teen Transnet
ʼn Klasaksie-eis van R79 miljard is namens 66 000 van Transnet se afgetrede lede ingedien nadat Transnet glo hulle pensioenfondse stelselmatig geplunder het.
Solidariteit: Stop ‘ras-tellende’ aksie
Die vakbond Solidariteit het ʼn reuseveldtog aangekondig waarin ʼn alternatiewe idee vir regstellende aksie in Suid-Afrika bekend gestel word.
Oud-polisiehoof se whisky gesteel
Diewe het by Bheki Cele, voormalige nasionale polisiekommissaris, se motorhuis ingebreek en duur bottels whisky gesteel.
Foto’s: Vyfjarige gewond in rooftog by Emperors Palace
Die polisie in Gauteng sê 10 vermeende rowers is in hegtenis geneem nadat hulle Sondagoggend die Emperors Palace-casino in Kempton Park aan die Oos-Rand probeer beroof het.
Rooftog by Emperors Palace
Twee vermeende rowers en drie omstanders is glo Sondagoggend gewond na ʼn gewapende rooftog by Emperors Palace in Kempton Park aan die Oos-Rand.
Drie sterf in Jhb-botsing
Drie mense is dood nadat twee motors Saterdagaand in Ennerdale, suid van Johannesburg, gebots het.
Baba verdrink in emmer water
ʼn Baba het Saterdag in ʼn emmer water in Soweto verdrink het die Johannesburgse nooddienste gesê.