Twaalf spesialiste van die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg se narkotiese afdeling het glo Maandag bedank.
Alles vir Dinsdag 7 Mei 2013
Gupta-sage: Metropolisielede terug by die werk
Nege Tshwane-metropolisiebeamptes wat in hegtenis geneem is nadat hulle glo gaste van die Gupta-familie na Sun City vergesel het, is weer op hul pos.
Nuuskommentaar: Styging van werkloosheidsyfer lei stakingseisoen in
Met die onverkwiklike landswye busstaking is die jaarlikse “stakingseisoen” ingelei.
Renosterstropery: SA en Viëtnam onderteken bewaringsplan
Owerhede van Suid-Afrika en Viëtnam het Maandag ‘n bewaringsplan onderteken in ʼn poging om renosterstropery te beveg.
Gedagte vir die dag: “Dogter…”
Mark 5:34: “Daarna sê Hy vir haar: ‘Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Wees vir goed van jou kwaal genees!’” Twaalf jaar lank…
SA egpaar pleeg glo selfmoord in Mauritius
ʼn Suid-Afrikaanse egpaar het glo saam selfmoord gepleeg in die see by Mauritius.
Drie vas na hoëspoed-jaagtog
Drie vermeende rowers is Maandag in hegtenis geneem na ʼn hoëspoed-jaagtog in Grahamstown in die Oos-Kaap.
Verkeer ontwrig deur vervoerstaking
Verkeer in die Johannesburgse middestad en omliggende gebiede sal Dinsdag ontwrig word weens ʼn staking deur lede van die vervoervakbond Satawu.