Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 14 Mei en wat ons Woensdag, 15 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Dinsdag 14 Mei 2013
Video: Verdagtes op kamera wat winkeleienaar doodskiet
eNuus het Dinsdag berig dit het die polisie vier dae geneem om kringtelevisie-beeldmateriaal te bekom wat wys hoe ‘n winkeleienaar in Kaapstad doodgeskiet word.
Chanelle se pa blameer haar man vir moord
Chanelle Henning se pa glo haar vervreemde man, Nico, is die enigste persoon wat voordeel sou trek uit haar moord, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Video: Werk kwyt ná hy olifant bestorm
‘n Veldgids is sy werk kwyt nadat ‘n video op YouTube publiseer is van die man wat ‘n olifant te voet by die Kruger-wildtuin bestorm.
Wildekus-tolpad geskrap
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het planne, om ‘n tolpad op die N2 Wildekus-snelweg op te rig, geskrap.
Man in aanhouding ná hy bejaarde glo met steen gooi
Die huurwerker wat ʼn bejaarde inwoner van die Oos-Rand Vrydag glo met ʼn betonsteen in sy gesig gegooi het, het Maandag in Gauteng in Benoni se landdroshof verskyn.
Weer drama by Marikana
Duisende mynwerkers het Dinsdag weer met tradisionele wapens op die omstrede Wonderkoppie in Marikana naby Rustenburg begin saamdrom.
Polisiebeampte verkrag glo minderjarige terwyl hy op borg is
ʼn Polisiebeampte van Pretoria, wat op borgtog vrygelaat is terwyl twee aanklagte van kinderverkragting teen hom ondersoek word, verskyn binnekort weer in die hof op ʼn soortgelyke aanklag.
Uitdrukking: Daar is moesoek bo moesoek
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking “Daar is moesoek bo moesoek”.
5 Minute met Juanita du Plessis
Dit is nagenoeg 13 jaar nadat haar liedjie Ska-Rumba een van die grootste Afrikaanse treffers geword het en by vanjaar se Ghoema’s het sy met ʼn paar toekennings weggestap. Ons het met Juanita du Plessis gesels oor ʼn paar van haar Afrikaanse gunstelinge.
Karabus kry paspoort terug
Dr. Cyril Karabus, ‘n Suid-Afrikaanse dokter, het sy paspoort van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ontvang en vlieg dalk reeds Woensdag terug na Suid-Afrika toe.
Man in hof vir moord op bejaarde Paarl-egpaar
ʼn 39-jarige man het Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn in verband met die gru moorde op ʼn bejaarde egpaar van Wellington in die Kaapse Wynlande verlede week.
Angelina Jolie kry dubbele mastektomie
Die Hollywood-ster, Angelina Jolie, het onthul dat sy ʼn dubbele mastektomie ondergaan het as voorkomingsmaatreël om haar kankerrisiko te verminder.
SA-vlieëniers oorweeg regstappe teen Namibië
Twaalf vlieëniers van Suid-Afrika wat onlangs in Namibië aangehou is omdat hul vlugdokumente glo nie in orde was nie, oorweeg regstappe teen die land se regering vir onregmatige inhegtenisname.
ANC ontken dat hulle arm wittes as “handpoppe” gebruik
Die ANC in die Vrystaat het gerugte ontken dat hulle arm blankes as handpoppe gebruik om stemme vir volgende jaar se algemene verkiesing te werf.
Vyfjarige oorleef vier dae in veld ná erge aanranding
Die polisie van Limpopo het Dinsdag die publiek se hulp versoek om ʼn verdagte vas te trek wat ʼn vyfjarige meisie moontlik verkrag, erg aangerand en vir die dood in ʼn veld agtergelaat het.
Aborsie-dokter skuldig aan moord
‘n 72-jarige dokter in Amerika wat aborsies op ma’s, wat meer as 24 weke swanger was, uitgevoer het, is in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië op drie aanklagte van moord skuldig bevind.
Afrikaanse Treffers van 1975 – 1993
Daantjie Dinamiet het in die argiewe gaan krap om die treffers van die jaar op die radioprogram Afrikaanse treffers tussen 1975 en 1993 op te spoor.
Solidariteit verklaar loongeskil met Telkom
Solidariteit het ʼn geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys ná loononderhandelinge met Telkom op ʼn dooiepunt uitgeloop het.
Skoonvee Speelboek: Wilde diere syferpret
Draai die prentewiel en vou die bladsye oop om saam met al die wilde diere pret te hê met syfers en maklik te leer tel.