Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 15 Mei en wat ons Donderdag, 16 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Woensdag 15 Mei 2013
Video: Budgie gesels te lekker
Disco, ‘n tweejarige budgie van Rochester in New York, Amerika, herhaal van sy gunsteling frases in die video “Disco’s a Baby ahhh” op YouTube.
Video: Heldhaftige verpleegster red man se lewe
‘n Man in Australië is danksy ‘n brawe studenteverpleegster gered toe hy van ‘n perron op die treinspoor geval het.
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
Jeremy King, wat gevonnis is vir die moord op Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Woensdag aan die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof gesê hy kan nie die teenstrydighede in sy getuienis verduidelik nie.
“Afgestorwe” haarkapper verloor klante
Jan Horn, ʼn haarkapper van Pretoria, het glo nagenoeg 300 kliënte verloor weens ʼn misverstand oor ʼn ander haarkapper in dieselfde gebied se afsterwe.
Die ander vrou
Die ander vrou vorm ‘n tweeluik met Eendagmooi wat in 2012 verskyn het.
Gedagte vir die dag: Betyds
Teks: Luk. 7: 11+12: “Kort daarna het Jesus na ’n dorp met die naam Nain gegaan, en sy dissipels en ’n hele menigte mense is…
Uitdrukking: ‘n Skorriemorrie
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘ ‘n Skorriemorrie’.
Regering praat oor Al-Qaeda-gerugte
Beweerde Al-Qaeda-aktiwiteit in Suid-Afrika word wel ondersoek.
Pastorie-moorde: Saak weer uitgestel
Die twee mans wat van die moord op ds. Willem Brits van Harrismith en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen, verdink word, het Woensdag weer vlugtig in dié dorp se landdroshof verskyn.
Skote klap by Marikana
Skote is Woensdagmiddag by die Wonderkop-stadion in Marikana in Noordwes gevuur waar stakende mynwerkers vergader.
Tiener by Kaapse hoërskool doodgeskiet
ʼn Tiener is Woensdagmiddag dood nadat hy by ʼn hoërskool in Kaapstad in die kop geskiet is.
Unisa-vraestelle uitgelek
Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het sommige eksamens uitgestel nadat dit aan die lig gekom het dat vraestelle uitgelek het.
Gupta-uitnodiging opgeblaas
Polisiebeamptes van Noordwes het ʼn uitnodiging van die Gupta-gesin na die veelbesproke spogtroue opgeblaas, omdat hulle gedink het dit was ʼn bom.
AfriForum opponeer Tshwane-metroraad appèlaansoek
Die burgerregte-organisasie AfriForum sal die aansoek van die Tshwane-metroraad om verlof tot appèl teen die uitspraak en bevele van Regter Bill Prinsloo teenstaan.
Karabus: Nog ʼn terugslag
Prof. Cyril Karabus, ʼn Suid-Afrikaanse onkoloog, se tuiskoms is weereens vertraag. eNCA berig die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het glo ʼn fout met Karabus se visum gemaak.
Tweeling van PE vermis
ʼn Tweeling van die Oos-Kaap word sedert Dinsdag vermis.
‘Stroper’ in Krugerwildtuin geskiet
ʼn Vermeende stroper is Dinsdagaand tydens ʼn skermutseling met wildbewaarders in die Krugerwildtuin geskiet.
Playboy-tydskrif nou slegs digitaal
Die manstydskrif Playboy SA gaan voortaan nie meer op die rakke nie, maar slegs op die internet beskikbaar wees.
Geen parool vir Vlakplaas-bevelvoerder
Eugene de Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, se paroolaansoek is afgekeur.