Die Lions het vir die vyfde keer die hardste in die Vodacombeker gebrul toe hy die Nelspruit-katgeveg teen die Pumas gemaklik met 42-28 getroef het.
Lees meerAlles vir Vrydag 17 Mei 2013
Lui posman versamel 400kg pos
‘n Posman van die Italiaanse eiland Sardinië, wat lief is vir partytjies, was glo te “lui” om pos in die oggende af te lewer en het sowat 400kg se posstuke in sy huis versamel.
Sabbatsjaar vir Johann Rupert
Johann Rupert, miljardêr en voorsitter van Richemont, beplan ‘n sabbatsjaar ná die groep se jaarlikse vergadering in September vanjaar.
Voorskoolse werkboek
Met 128 bladsye vol prettige lees- en skryfoefeninge, nommer-aktiwiteite, doolweë en prentjies om in te kleur sal die kleintjies meer as genoeg hê om te doen!
Aparte matriekafskeid glo vir swart en wit leerders
Die Demokratiese Alliansie (DA) en die departement van onderwys in Mpumalanga het Vrydag ‘n beweerde voorval van rasse-segregasie by Hendrina Gekombineerde Skool, naby Middelburg, veroordeel.
Miljoene rand se juwele by Cannes-filmfees gesteel
Meer as $1 miljoen (R9 miljoen) se juwele is uit ‘n hotel in Cannes, Frankryk, gesteel.
Video: Huldeblyke aan Boeremusiekikoon Nico van Rensburg
Die bekroonde konsertinaspeler Nico van Rensburg, is in Centurion met die klank van boeremusiek deur familie en vriende gegroet.
Sharks te magtig vir die Force in Perth
Die sukkelende Sharks het Suid-Afrika en hul ondersteuners trots gemaak deur die Froce in Perth met 23-13 te klop en sodoende hul Australasiese toer op ‘n hoë noot af te sluit.
Stormers se doppie in Melbourne geklink
Die Stormers se hoop om enigsins nog ‘n faktor in hierdie jaar se Super15 te wees is vandag verydel toe hulle teen die sukkelende Rebels in Melbourne met 29-21 verloor het. Die halftydtelling was 14-13 in die Stormers se guns.
Plaasaanval: Boervrou en buurman keer vier verdagtes aan
Vier vermeende plaasrowers is Vrydagoggend op ʼn plaas naby Delareyville in Noordwes aangekeer terwyl hulle glo besig was om ʼn 70-jarige boer en sy vrou (56) te beroof.
Kerkstraat-bom: Jeug hou minuut stilte vir slagoffers van ANC-terreuraanvalle
AfriForum Jeug gaan Maandag in Pretoria se middestad ʼn kranslegging en ’n minuut van stilte hou vir alle burgerlikes wat tussen 1980 en 1994 in ANC-terreuraanvalle gesterf het.
Wildsvleis met bloubessie-en-rooiwynsous
Heerlike resep vir jou Sondagmiddag braai
PTA-tiener dalk ontvoer
Joyline Pretorius (15), ʼn meisie van Pretoria, word al langer as ’n week vermis.
Karabus uiteindelik tuis
Na maande van “hel”, is prof. Cyril Karabus, ʼn Suid-Afrikaanse onkoloog, uiteindelik terug in Suid-Afrika.
Aktivis “kruisig” brandende Barbie
Verrigtinge om die opening van Barbie se lewensgrootte pophuis in Berlyn, Duitsland, te vier, was van korte duur nadat aktiviste Donderdag buite dié huis betoog het.
Staat wil teen Fidentia-baas se “ligte” vonnis appelleer
Die staat gaan aansoek doen om verlof tot appèl teen die vonnis van die voormalige Fidentia-baas J. Arthur Brown.
Madiba soek glo nie sy dogters in sy geldsake nie
Voormalige president Nelson Mandela wou glo nie sy kinders by sy geldsake en kunswerke betrek nie.
SA Roadlink dalk gelikwideer
Die busmaatskappy, SA Roadlink, kan dalk gelikwideer word as hulle nie ʼn multimiljoenrandse lening aan FirstRand-bank terugbetaal nie.
Sewe vas wat glo R1.2 miljoen steel
Sewe mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo R1.2 miljoen gesteel het van geld wat vir gemeenskapontwikkeling in die Noord-Kaap bedoel was.
Swellendam-polisie steeds op soek na verkragter
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die verkragting en dood van Annemarie Beukes (20) van die Wes-Kaap nie.