Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 23 Mei en wat ons Vrydag, 24 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Donderdag 23 Mei 2013
Kleinfontein sê afsondering gaan nie oor ras
Kleinfontein, ’n gemeenskap buite Pretoria, het Donderdag tydens ʼn debat met die DA-jeug volgehou dat die kriteria vir inwoners nie op ras gebaseer is nie.
Noordwes-naamsverandering kry momentum
Planne om Noordwes se naam te verander het Donderdag momentum gekry nadat Thandi Modise, die premier, gesê het die provinsie het ʼn naamsverandering nodig.
Zuma breek sy stilte oor ‘Guptagate’
President Jacob Zuma het Donderdag sy stilte oor die sogenaamde ‘Guptagate’-sage gebreek.
Solidariteit verwelkom arbeidsminister se ingryping maar vra groter kopskuif
Die vakbond Solidariteit het vandag Mildred Oliphant, die minister van arbeid, se onderneming om met vakbonde te vergader ten einde ʼn oplossing vir die ewigdurende arbeidsonrus en onstabiliteit in veral die mynbedryf te vind, verwelkom.
Boere wat ‘stroper’ aankeer kry borg
Die drie boere van Limpopo wat vir poging tot moord in hegtenis geneem is nadat hulle ʼn vermeende renosterstroper aangekeer het, is Donderdag op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.
Foto’s: DA-jeugliga besoek Kleinfontein
ʼn Aantal lede van die DA-jeugliga het vandag vreedsaam na die Afrikaner-nedersetting Kleinfontein, buite Pretoria, gestap uit protes teen die feit dat net Afrikaners daar bly.
Video: FNB kry nuwe uitvoerende hoof
Tien jaar is genoeg vir enige uitvoerende hoof om sy stempel af te druk, sê die uittredende uitvoerende hoof van FNB, Michael Jordaan.
Laaste kans om Jesus – Die Musiekblyspel te sien
Die verhaal van Jesus is al in verskeie vorms aangebied: op die verhoog, in rolprente, in boeke en Kinderbybels. Nou is die storie van Jesus weer op die verhoog, maar die keer in die vorm van ʼn musiekblyspel.
Snelweg-betoging nié goedgekeur
Die Johannesburgse metropolisie het gesê dat Cosatu nie toestemming gekry het vir Vrydag se beplande betoging om die stad se hoofweë teen die voorgestelde e-tolstelsel te blokkeer nie.
Boere vas ná hulle “renosterstroper” aankeer
Drie boere van Limpopo is vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hulle ʼn vermeende renosterstroper aangekeer het.
Gupta-sage: Woede oor Zuma se afwesigheid by debat
“Troetelpappies”, “piesangrepubliek” en “minagting vir die publiek” is van die terme wat opposisiepartye Woensdagmiddag gebruik het om teen die ANC uit te vaar tydens ‘n…
Vergoeding vir onnie ná sy nie met punte wou knoei nie
Die departement van onderwys moet ʼn voormalige onderwyseres, Arlene Nel, aan die Hoërskool Kakamas vergoeding betaal nadat sy onregmatig afgedank is.
Nuuskommentaar: Kleinfontein, groot bohaai
Skielik is die regering geskok “omdat daar burgers is wat nie in ‘n demokratiese Suid-Afrika wil integreer nie.”
Video: Brand verwoes historiese JHB-gebou
‘n Brand het Woensdagaand die historiese Holy Family College se skoolsaal én vier klaskamers verwoes.
Video: Pandas op ‘n glyplank
ʼn Video van vier pandas op ʼn glyplank by die Chengdu Pandasentrum in China, is reeds deur bykans vier miljoen gebruikers gekyk.
Watervoorsieningsprogram van R4.3 miljard verwelkom
AfriForum verwelkom die departement van omgewingsake se interim-watervoorsieningsprogram wat daarop gemik is om die agterstande in watervoorsieningsdienste uit te wis.
Video: “Terreur-aanval” ruk Brittanje
Waarskuwing: Die video is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.
Woord: Cappucino
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord ‘Cappucino’.
Fluitjieblasers se inligting uitgelek na kuberkraak
Die persoonlike inligting van duisende fluitjieblasers het uitgelek nadat Suid-Afrikaanse Polisiediens se webtuiste deur kuberkrakers aangeval is.