Reint Dykema gee puntsgewys ‘n oorsig van die nuusgebeure van 28 Mei en wat ons Woensdag, 29 Mei, in die nuus te wagte kan wees.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 Mei 2013
Eskom versoek kragbesparing
Eskom het Dinsdag versoek dat duisende meer gebruikers toestelle tydens spitstye moet afskakel om die nasionale elektrisiteitslas hierdie winter te verlig.
BBP-groeisyfer laag vir eerste kwartaal
Die bruto binnelandse produk (BBP) het slegs met 0.9% in die eerste kwartaal van 2013 gegroei, het Statistiek SA Dinsdag aangekondig.
Honderde pasiënte ontruim ná brand by hospitaal
Meer as 100 pasiënte moes Dinsdag uit ‘n hospitaal in Bethlehem in die Vrystaat ontruim word nadat ‘n brand in die hospitaal se kombuis uitgebreek het.
Ouma oorleef bylaanval
‘n Bejaarde vrou van die Oos-Rand in Gauteng sterk aan in die hospitaal nadat sy vermoedelik deur haar 14-jarige kleinseun met ‘n byl aangeval is.
Beter belastingbeheer by Waterkloof LMB
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beplan om doeanebeheer by die Waterkloof-lugmagbasis en ander sleutel grensposte te verskerp.
Vermiste karwag steeds soek
Die organisasie Stop Misdaad SA (SMSA) gaan alles in hul vermoë doen om Gidius Seeman Joseph Gertenbach op te spoor om sodoende berusting aan ʼn bekommerde ma te bring.
ANC sê Obama moet toekenning verwerp
Die ANC het gesê die Amerikaanse president Barack Obama moet nie die stad Kaapstad se Vryheid van die Stad-toekenning aanvaar nie.
ANC-LP en vrou glo in onderonsie met polisie
Nyami Booi, die 53-jarige ANC-LP, het Maandag in die Randburgse landdroshof verskyn nadat hy en sy 39-jarige vrou, Jacqueline, glo die naweek ʼn onderonsie met die polisie gehad het.
Honderde SA’ners se Facebook-profiele gekloon
Honderde Facebook-profiele is die afgelope tyd gekloon in ʼn poging om glo op ‘n skelm manier geld in te samel van die gebruiker se Facebook-vriende.
Afrikaanse sakeplankompetisie bekendgestel
Akademia, die nuwe hoëronderwysinstelling van die Solidariteit Beweging, het Dinsdag die grootste Afrikaanse sakeplankompetisie tydens ‘n seminaar oor entrepreneurskap bekendgestel.
JHB-snelweg sluit weens oliestorting
Die M1-snelweg in Johannesburg moes Dinsdagoggend vir verkeer gesluit word nadat olie daarop gestort het.
Video: Pasgebore baba uit rioolpyp gered
Nooddienswerkers van China moes langer as ʼn uur spook om ʼn pasgebore babaseuntjie te red wat in ʼn rioolpyp vasgesit het.
‘Dief’ laai profielfoto op slagoffer se WhatsApp
Die polisie in Pretoria is op soek na ʼn vermeende rower wat ʼn foto van homself glo met ʼn gesteelde selfoon op sy slagoffer se WhatsApp-profiel gelaai het.
Nuwe radiodrama “Boekeparadys” skop af
Luisteraars wat die spioenasie-vervolgverhaal Vendetta geniet het, kan vanaf 28 Mei weer nader skuif vir die splinternuwe vervolgverhaal, Boekeparadys. Jy kan nou weer elke weeksdag,…
Ondersoek ná hoof glo verstandelik gestremde kind slaan
Amptenare van die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn adjunkhoof glo ʼn sewejarige verstandelik gestremde kind in Kaapstad met ʼn plastiekpyp pakslae gegee het.
Polisie soek steeds na vermiste pediater
Die Kaapstadse polisie het hul soektog verskerp na dr. Louis Heyns (59), ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en pediater by die Tygerberg-hospitaal, wat sedert Woensdagaand vermis word.
Onder Water
Vernadering is goed vir ‘n mens. Of so sê almal. Maar vir Christien Visagie voel dit of haar lewe op die dorpie Bitterwater die afgelope tyd té veel verander het.
Allegaartjie 2 – Program 81
In hierdie Maandag se aflewering van Allegaartjie gesels Karin Venter met ʼn vrou wat haar eie kinderkinetika praktyk bedryf om meer oor dié beroep uit te vind. Helen Ueckermann bespreek lewenslange geldplan en Annelize Brits gesels met ʼn oudioloog en spraakterapeut oor gehoorgestremde kinders.
Tiener weer in hof ná mesmoord
ʼn 15-jarige meisie wat daarvan verdink word dat sy ʼn mede-leerling van haar hoërskool met ʼn mes doodgesteek het, verskyn Dinsdag in die Randfontein-landdroshof.