ʼn KwaZulu-Natalse staatsaanklaer is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn nadat hy glo ʼn 23-jarige vrou in sy kantoor verkrag het.
Lees meerAlles vir Woensdag 29 Mei 2013
Pa in hof na hy glo baba vermoor
ʼn 22-jarige pa het Woensdag in die Kimberley-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy tien maande oue babadogtertjie.
Man steel glo R50 miljoen se lugtyd
ʼn Man is aan die Wes-Rand in hegtenis geneem nadat hy die selfoonmaatskappy MTN glo uit lugtyd van nagenoeg R50 miljoen bedrieg het.
AfriForum en slagoffers versoek MRK-verhoor oor plaasmoorde
AfriForum gaan Donderdag, saam met ʼn slagoffer wie se man onlangs in ʼn plaasaanval vermoor is, ʼn klagtebundel by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) indien en versoek dat die kommissie ʼn formele openbare verhoor oor plaasmoorde inisieer.
Eiffeltoring getooi in SA-vlag se kleure
Die Eiffeltoring in Parys, Frankryk, pronk vir die volgende paar aande in die kleure van die Suid-Afrikaanse landsvlag.
ʼn Babadogtertjie vir oud-Springbok John Smit
Die oud-Springbokkaptein, John Smit, is ʼn babadogtertjie ryker.
Ontgroening: Geheime FB-groep skok
Waarskuwing: Die foto onderaan die artikel is eksplisiet en mag sensitiewe lesers ontstel.
Jong ma sterf ná wrede aanval
Carmen Manthe, ʼn jong ma, is Dinsdag oorlede nadat sy, haar 11 weke oue baba, ma en huishulp verlede week in Willowvale in die Oos-Kaap deur drie mans met byle aangeval is.
SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie
Suid-Afrikaanse diplomate het Woensdag na Jemen vertrek om te help met onderhandelinge om ʼn Suid-Afrikaanse egpaar wat Maandag daar ontvoer is, vry te laat.
Pasgebore baba in asblik in Alberton gevind
ʼn Pasgebore baba se liggaam is Dinsdagmiddag in ʼn asblik in Brackenhurst, Alberton, gevind.
PTA-man kry 25 jaar ná hy vrou laat vermoor
Cobus Prinsloo, die eksman van Cordelia Prinsloo, wat skuldig bevind is aan haar kontrakmoord, is Woensdag tot 25 jaar tronkstraf in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis.
Gewonde pa skiet ‘rower’ dood
Konst. Deon Jardim, ʼn 31-jarige polisiebeampte van Polokwane, is voor sy kinders in die bors geskiet, maar kon steeds daarin slaag om een van sy drie aanvallers dood te skiet.
Woord: Kiekie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse woord, “kiekie”
Pretoria-burgemeester besoek vandag Kleinfontein
Raadslid Kgosientso Ramokgopa, die burgemeester van die Tshwane-metro, besoek Woensdag om 11:00 die Afrikaanse nedersetting, Kleinfontein, oos van Pretoria.
Resensie: ‘Genoeg is genoeg’ deur Joe Niemand
Daantjie Dinamiet reken enige Christen-musiekliefhebber behoort hierdie album deel van hul versameling te maak.
Nuuskommentaar: Kan die land Zuma bekostig?
Die nuus is gister bekend gemaak dat die land se BBP-groeikoers in die eerste kwartaal ‘n teleurstellende 0,9% beloop het, aansienlik laer as die koers van 1,5% wat wyd verwag is.
Geskorste Tshwane-metropolisiehoof in hof
Ndumiso Jaca, die geskorste adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie, verskyn vandag in Pretoriase landdroshof.
Polisiebetoging kan 10111 beïnvloed
Nagenoeg 42 000 lede van die polisievakbond Popcru gaan Woensdagoggend in agt provinsies betoog oor onder meer verskille in salarisvlakke.
Polisiehoë vas oor hy glo onwettig jag
’n Bevelvoerder van die veediefstaleenheid in die Maake-distrik in Limpopo, is in hegtenis geneem oor beweerde betrokkenheid by onwettige jag.
Ontvoerdes in Jemen wel van SA
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het bevestig dat die twee mense wat Maandag deur gewapende mans in Taiz, Jemen ontvoer is wel Suid-Afrikaners is.