Skikkingsamesprekings het ʼn dooiepunt bereik in die siviele saak van ʼn drawwer wat in hegtenis geneem is nadat hy glo pres. Jacob Zuma se motorkade met ʼn handgebaar beledig het.
Alles vir Dinsdag 4 Junie 2013
Oscar Pistorius-moordsaak uitgestel
Die saak teen Oscar Pistorius is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof uitgestel.
Polisie-ongelukke kos Gauteng R52 miljoen
Meer as 20% van polisievoertuie in Gauteng was glo tydens die 2012/13 finansiële jaar in ongelukke betrokke, het Beeld Dinsdag berig.
Woord: Grasweduwee
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord ‘grasweduwee’.
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Twee mans het aanspreeklikheid aanvaar nadat hulle menslike uitskot op die trappe van die Wes-Kaapse wetgewer gaan stort het as protes teen mobiele toilette, het die Cape Argus Dinsdag berig.
Tyddeel word ondersoek
Die Nasionale Verbruikerskommissie ondersoek maatskappye wat tyddeel aanbied nadat honderde klagtes oor die afgelope twee jaar ontvang is, het The Times Dinsdag berig.
Oscar Pistorius-moordsaak: Beperkte spasie in hof
Daar is nie genoeg spasie in die Pretoriase landdroshof vir al die geakkrediteerde lede van die media om Oscar Pistorius se hofsaak Dinsdagoggend by te woon nie.
Gedagte vir die dag: Ontsteld?
Joh 14:1 -Julle moet nie onsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My”. Hierdie woorde van Jesus was vir soveel mense, oor so ‘n…
Video: 11-jarige SA’ner neem deel aan ‘Britain’s Got Talent’
Suid-Afrikaners het boodskappe van ondersteuning aan ʼn 11-jarige meisie gestuur wat aan die finaal van die televisieprogram, Britain’s Got Talent, gaan deelneem.
‘Oscar huil baie en slaap min’
Oscar Pistorius ly aan sielkundige probleme sedert hy sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag doodgeskiet het, het Pistorius se bestuurder in ʼn onderhoud gesê.
Video: Polisie kyk toe terwyl skare man vermoor
Lt.genl. Zukiswa Mbombo, polisiehoof in Noordwes, het Maandag haar skok uitgespreek nadat sy selfoonbeeldmateriaal gesien het van ʼn man wat deur ʼn skare vermoor word terwyl die polisie glo toekyk.
Skool ondersoek oor die k-woord, Malema en ou vlag
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gaan ondersoek instel na bewerings van rassisme by ʼn skool in die Vrystaat.