Suid-Afrikaners se kwaliteit van lewe het aansienlik verbeter sedert die aanvang van demokrasie, het president Jacob Zuma Donderdag aan buitelandse diplomate gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 6 Junie 2013
SA egpaar glo deur Al-Kaïda aangehou
Die Bloemfonteinse egpaar wat verlede maand in Jemen ontvoer is, word glo deur militante van die organisasie Al-Kaïda as gyselaars aangehou.
Vrieskasmoord: Verdagte vas
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dudley Buss, ʼn boer van Queenstown, wie se liggaam vroeër die week in ʼn vrieskas opgespoor is.
Breytenbach terug werk toe
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdagmiddag aangekondig dat adv. Glynnis Breytenbach toegelaat sal word om terug te keer werk toe.
Vlinderspesies sterf uit
Drie vlinderspesies in die suide van Afrika het reeds uitgesterf en 14 spesies word kritiek bedreig.
25% voedsel wêreldwyd vermors
ʼn Verslag bevind dat een uit elke vier eenhede voedsel wat wêreldwyd in die landbousektor geproduseer word, verlore gaan of vermors word.
Nog drie vas vir moord op Kaapse pediater
Nog drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord en roof op dr. Louis Heyns. Heyns was ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) en pediater by die Tygerberg-hospitaal.
Video: SA se sewejarige Ernie Els
Reinhardt Uys het op vyfjarige ouderdom sy eerste Suid-Afrikaanse gholftoernooi gewen.
Nar-eis was geen grappie
‘n Nar van Suid-Afrika kan al die pad bank toe lag nadat hy ʼn naamskendingsaak teen die manstydskrif FHM gewen het en R60 000 vergoeding moet kry.
Droogte teister Noordwes-boere
Boere in die sentrale deel van Noordwes het na beraming reeds skade ter waarde van R2 miljard gely weens die heersende droogte.
Malema sê SA’ners moet besluit hoe hulle jeens rassiste gaan optree
Julius Malema sê hy het nie ʼn probleem daarmee dat ʼn foto van hom onder ʼn foto van ʼn apie in ʼn Bloemfonteinse klaskamer opgeplak is nie.
Sewe ‘renosterstropers’ in Limpopo gevang
Sewe vermeende renosterstropers verskyn binnekort in die hof nadat hulle vroeër op ʼn plaas in die Alldays-omgewing vir renosterstropery in hegtenis geneem is.
KVBA doen beroep op vakbonde en Telkom om verder te onderhandel
Solidariteit en ander vakbonde sal weer volgende week met Telkom vergader nadat loononderhandelinge vroeër op ʼn dooiepunt uitgeloop het.
Uitdrukking: Eerlik het ‘n os geslag (en Fatsoenlik het hom opgeëet)
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Eerlik het ‘n os geslag (en Fatsoenlik het hom opgeëet)’.
Oranjerivier se naam verander dalk ook
AfriForum het beswaar by die Oos-Kaapse Provinsiale Geografiese Namekomitee (OKPGNK) aangeteken oor die voorgestelde naamsverandering van die Oranjerivier.
Gedagte vir die dag: Uitgeput en oorlaai
Teks: Matteus. 11: 28: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Verlede week het ons gekyk…
Nuuskommentaar: Block aan die been met beweerde korrupsie
Daar kom gereeld stemme uit regeringsgeledere dat korrupsie vasgevat gaan word, maar in die praktyk lyk dit of die teenoorgestelde gebeur.
Limpopo-eksamens uitgestel weens geldtekort
Daar is chaos by skole in Limpopo nadat die halfjaareksamen glo uitgestel is weens ʼn tekort aan fondse.
Talle skoolkinders beseer in KZN-ongeluk
Meer as 30 mense, waarvan die meeste skoolkinders is, is beseer nadat twee taxi’s Donderdagoggend in Marion Hill in KwaZulu-Natal gebots het.
Vier vas wat hul as polisie voordoen, vragmotor kaap
Drie mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het en glo ʼn vragmotor, wat sigarette ter waarde van R4 miljoen vervoer het, naby Pretoria gekaap het.