Die Suid-Afrikaanse rolprent, Fanie Fourie’s Lobola, het ‘n toekenning by die grootste filmfees in Amerika ontvang.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 Junie 2013
Nelspruit gaan hof toe oor naamsverandering
Inwoners van Nelspruit in Mpumalanga het meer as R300 000 ingesamel om die verandering van die dorp se naam na Mbombela teen te staan.
Sakeman se lyk naby hotel opgespoor
Michael Quin, ‘n 57-jarige sakeman, se liggaam is Dinsdag in Koffiebaai in die Oos-Kaap opgespoor.
Pa en seuns vas oor 7 moorde
‘n Man en sy twee seuns is in hegtenis geneem nadat hulle glo sewe lede van dieselfde familie doodgeskiet het.
Nuus24 sluit sy deure
Naspers se aanlyn-nuusverskaffer, 24.com, het besluit om sy Afrikaanse weergawe, Nuus24, te ontbind.
Heyns-moordsaak: Verdagte kry borg
Juan Liedeman, een van die drie mans wat glo verbind word aan die moord op dr. Louis Heyns, is Dinsdag in die Somerset-Wes-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Video: Liefhebbers stap 530km vir leeus
‘n Groep Pretorianers het pas ‘n staptog van 530 kilometer vir die bewaring en bewusmaking van leeus in Afrika voltooi.
Kom ons tel: 1,2,3… Plaas!
deur Brenda Apsley Prettige aktiwiteite en kleurvolle prente maak dit maklik en lekker om te leer tel saam met al die diere op die plaas….
Kom ons tel: 1,2,3… Laat wiel!
deur Brenda Apsley Prettige aktiwiteite en kleurvolle prente maak dit maklik en lekker om te leer tel saam met al die dieremaats en goeters wat…
Nog ʼn brandstofskok wag dalk op motoriste
Vooruitsigte lyk sleg vir plaaslike motoriste se beursies.
Geen wit mans in SAL-kadetprogram
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag sy openbare veldtog teen die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) hervat nadat die lugredery geen wit manlike kandidate in sy kadetprogram opgeneem het nie.
Boek oor Afrikaans bevat talle lesse
Afrikaans – Lewende taal van miljoene is ’n omvattende blik op die ontwikkeling en hedendaagse posisie van Afrikaans. Die boek is reeds in 2004 uitgegee, maar ’n tweede uitgawe het in 2012 die lig gesien (waarskynlik oor die gewildheid daarvan).
Ou Bloed
deur Peet Venter ʼn Briljante kubersnuffelaar gebruik sy vernuf en welvaart om sy eie weergawe van geregtigheid te laat seëvier wanneer hy op ʼn aantal…
Foto’s: ‘Stroper’ onthoring samaritaan se renosterkarretjie
ʼn ‘Stroper’ van ʼn ander aard het vandeesweek op ʼn weldoener se renosterkarretjie toegeslaan, en dié van sy rooi renosterhoring beroof.
Vrywilligers gesoek om by ouetehuis uit te help weens staking
Huis Hermon, ʼn tehuis vir bejaardes wat na 165 bejaardes in Pretoria-Noord omsien, kort dringend vrywilligers om na die bejaardes om te sien, aangesien 57 van die 80 personeellede sedert Maandag begin staak het.
Malema beplan glo nuwe politieke party
Julius Malema, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, beplan glo om ʼn nuwe politieke party te stig, het die Star Dinsdag berig.
Onnies pak mekaar in hof
ʼn Uitgerekte vete tussen twee Oos-Randse hoërskoolonderwysers het Maandag in die hof gaan draai.
Allerhande uitdrukkings oor koffie
Taaltoffie ondersoek die volgende Afrikaanse uitdrukkings oor koffie.
Perd dood in ongeluk
ʼn Perd is Dinsdagoggend in die vroeë oggendure op ʼn pad naby Krugersdorp doodgery en het veroorsaak dat twee voertuie erg beskadig is.
Gedagte vir die dag: “Kom na My toe”
Matt 11:28– “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee”. Nog nooit het iemand sulke woorde gesê nie!…