Die studente van Boston-universiteit wat verlede jaar in Nieu-Seeland verongeluk het, kon glo dalk oorleef het indien hulle veiligheidsgordels gedra het.
Lees meerAlles vir Woensdag 12 Junie 2013
Besonderhede van Cleveland-ontvoering bekend gemaak
‘n Man van Cleveland, Ohio in Amerika, wat daarvan beskuldig word dat hy drie vroue vir ‘n dekade lank teen hulle wil aangehou het, het Woensdag onskuldig gepleit op aanklag van ontvoering, verkragting en moord nadat hy glo een slagoffer só hard geslaan het dat sy ‘n miskraam gehad het.
Kiesers moenie met busse aangery word nie
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Woensdag gesê politieke partye moet nie kiesers met busse na die verkiesing toe aanry nie.
Dit gaan beter met Mandela, sê Zuma
Oudpresident Nelson Mandela reageer goed op die behandeling wat hy ontvang, het president Jacob Zuma Woensdag tydens ʼn nasionale vergadering gesê.
Liefling-akteurs en Helpende Hand help by ouetehuis waar personeel staak
Solidariteit Helpende Hand en akteurs van die Liefling-musiekblyspel, waaronder die hoofkarakters Bobby van Jaarsveld en Liza Brönner, gaan Donderdag ʼn handjie gee by Huis Hermon in Pretoria-Noord.
Onregmatige inhegtenisnemings kos belastingbetalers miljoene
Uitbetaling van siviele eise wat howe teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) toegestaan het, het sedert 2009 met meer as 100% toegeneem.
14-jarige ‘bylmoordenaar’ vir evaluasie gestuur
Die 14-jarige tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie van sy familielede met ʼn byl doodgekap het, is Woensdag deur die Benoni-landdroshof vir sielkundige evaluasie gestuur
Regstappe oor SAL se uitlating van wit mans vir kadetprogram
Die vakbond Solidariteit het Woensdag met ʼn regsproses begin namens wit manlike kandidate wat weens hul velkleur nie in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se kadetprogram opgeneem is nie.
“Poefiepolitiek” haal buitelandse media
Die veldtog om met menslike afval in die Wes-Kaap te protesteer, het nou ook die buitelandse media gehaal, en Suid-Afrika se beeld word opnuut enorme skade berokken.
Plaasaanval: Gewonde man red vrou, skiet verdagtes
Noël en Alta McSeveney, eienaars van die Impala-slaghuis in Malelane, en een van hul werknemers is Dinsdagaand glo deur twee gewapende Mosambiekers by hul plaas aangeval.
12 skoolkinders in ongeluk beseer
Twee leerlinge is Woensdagoggend ernstig beseer en 10 het geringe beserings opgedoen toe die voertuig waarin hulle vervoer is in KwaZulu-Natal gebots het.
Twee witrenosters in KZN doodgemaak
Twee witrenosters is dood aangetref in die Hluhluwe-Imfolozi-park in KwaZulu-Natal.
SA-uitvindsel verskyn op Grey’s Anatomy
ʼn Skandeer-toestel wat in Suid-Afrika ontwerp, vervaardig en versprei word, is in ʼn episode van die gewilde mediese televisieprogram, Grey’s Anatomy, ten toon gestel.
Nuuskommentaar: Neo-apartheid kry vlerke
As iemand nog gewonder het of die regering se transformasiedoelwitte op suiwer rassisme neerkom, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) daardie twyfel sonder valskerm uitgesmyt.
Bankier verplaas miljoene ná hy aan die slaap raak
ʼn Duitse bankier was glo so moeg dat hy by sy rekenaar aan die slaap geraak het en per abuis €222 miljoen (bykans R3 miljard) van ʼn rekening oorgeplaas het.
Uitdrukking: ‘n Buiteperd wees
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘ ‘n Buiteperd wees’.
Vrae oor Oos-Kaapse burgemeester se R800 000 reiskostes
Zukiswa Ncitha, die burgemeester van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap, het sowat R800 000 van belastingbetalers se geld gebruik vir binnelandse reise om “funksies” by te woon.
Gedagte vir die dag: Jesus die ware Betesda
Joh 5:6-“Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was”. Jesus was in Jerusalem vir een van die Joodse feeste….
Lewenslank vir verkragters
Vier mans is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan verkragting.
Mandela is stabiel, sê Zuma
President Jacob Zuma het Dinsdagaand gesê dat hoewel oudpresident Nelson Mandela in ʼn ernstige toestand is, hy die beste mediese sorg ontvang.