Die Pretoriase hospitaal, waar voormalige president Nelson Mandela vermoedelik behandeling ontvang, sal bewerings dat polisielede ‘n hartpasiënt geteister het, ondersoek.
Lees meerAlles vir Donderdag 13 Junie 2013
Bordeel-kind se droom bewaarheid
Shweta Katti (19), wat in een van Mumbai, Indië, se rooiligdistrikte grootgeword het, kan nou by enige van drie Amerikaanse universiteite gaan studeer.
Kaapstad is die fiksste
Kapenaars is glo, volgens ‘n studie deur Discovery Vitality, die fiksste in die land.
1 000 polisielede oor drie jaar vasgetrek
‘n Duisend polisiebeamptes is oor die afgelope drie jaar in hegtenis geneem in verband met misdade.
Video: Vrywilligers help bejaardes terwyl werkers staak
Huis Hermon, ‘n versorgingsoord vir verswakte en behoeftige bejaardes in Pretoria, maak nou staat op die welwillendheid van vrywilligers om inwoners te versorg.
AfriForum maan SAPD om indiensnemingsbeleid te hersien
“Die polisie is sedert 1994 só gefokus op transformasie dat hy die noodsaaklike eienskappe van ʼn suksesvolle polisiebeampte uit die oog verloor het.” – AfriForum
Suid-Afrikaanse helde en ikone
deur Wendy Maartens Ontmoet van die dapperste mense (en diere) in Suid-Afrika se geskiedenis… Wolraad Woltemade wat man alleen met sy perd die stormsee ingery…
Twee ‘rowers’ sterf, vier ontsnap ná polisie hulle inwag
Twee vermeende rowers is vroeg Donderdagoggend in ʼn skermutseling met die polisie doodgeksiet.
Video: Shuttleworth sleep regering hof toe
Mark Shuttleworth se regspan voer aan plaaslike entrepreneurs moet suksesvolle internasionale besighede op die been kan bring sonder om landuit hoef te gaan.
PTA-dwelmlaboratorium in ligte laaie
Die polisie is op soek na drie verdagtes wat gevlug het toe daar Woensdag ʼn brand by ʼn dwelmlaboratorium in Pretoria uitgebreek het.
Uitdrukking: Lekker is maar ‘n vinger lank
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Lekker is maar ‘n vinger lank’.
Pretoria-straatname: AfriForum wen weer in stryd
AfriForum het vandag ʼn tweede veldslag in die stryd om geskiedkundige straatname in Pretoria te red gewen. Die name moet dus teen 19 Junie vanjaar regoor die hoofstad teruggesit word.
Kaapstad kry dalk Madiba-standbeeld
ʼn Standbeeld van oudpresident Nelson Mandela gaan dalk voor die Kaapstadse stadsaal opgerig word.
Twee van Waterkloof-vier moet terug tronk toe
Twee van die sogenaamde Waterkloof-vier wat 18 maande gelede onder korrektiewe toesig uit die tronk uit vrygelaat is, is aangesê om terug te gaan tronk toe.
China verbied prentjie van Winnie the Pooh
China het ‘n prentjie van Winnie the pooh en dié beertjie se tiermaatjie verbied omdat dit glo te veel na ‘n foto van die Chinese president, Xi Jinping, en pres. Barack Obama van die VSA lyk.
Kaapstad-man glo van brug afgestamp
ʼn Man van Kaapstad het Woensdag 15 meter ver na sy dood geval nadat hy glo van ʼn brug af gestamp is.
Departement erken Afrikaans as Afrikataal
Die burgerregte organisasie AfriForum Vrydag gesê hy neem met waardering kennis van die departement van basiese onderwys se standpunt dat Afrikaans ’n Afrikataal is.
Taxibestuurder kry 105 jaar agter tralies
ʼn Taxibestuurder van Braamfischerville in Johannesburg is Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof vir verskeie misdade tot 105 jaar tronkstraf gevonnis.
Video: Pronkdraf het almal in vervoering
ʼn Fiksheidsprogram wat in 1989 ontwikkel is en deur perde geïnspireer is, het ʼn sensasie op die internet veroorsaak – in 2013.
Groep steel varke ná ongeluk
ʼn Groep mense het gestorm om varke te steel nadat ʼn vragmotor wat die varke vervoer het naby Badplaas in Mpumalanga omgeslaan het.