’n Jong en onervare Springbokspan het rugbyliefhebbers vanaand na hul asems laat snak toe hulle byna teen Skotland op Suid-Afrikaanse bodem vasgeval het.
Lees meerAlles vir Saterdag 15 Junie 2013
Wêreld se laaste telegram gestuur
Die laaste telegram sal volgende maand gestuur word.
Familie verlaat Mandela-hospitaal
Voormalige pres. Nelson Mandela se dogter Zenani Mandela-Dlamini het Saterdag die Pretoriase hospitaal verlaat waar haar pa ‘n sewende dag van behandeling ontvang vir ‘n herhalende longkwaal.
Breytenbach gaan arbeidshof toe
Aanklaer Glynnis Breytenbach en haar prokureur, Gerhard Wagenaar, gaan glo ‘n aansoek by die arbeidshof indien teen haar heraanstelling.
Man val broer aan oor macaroni-en-kaas
Randy Zipperer (49) van Florida in Amerika het glo sy jonger broer met ‘n mes aangeval ná ‘n woordewisseling oor ‘n vermiste porsie macaroni-en-kaas.
MediClinic gaan appelleer teen skadevergoeding
Nelspruit MediClinic gaan appèl aanteken teen ‘n uitspraak deur die Pretoriase hooggeregshof dat hy skadevergoeding moet betaal aan George Vermeulen (45) wat met malaria in die hospitaal opgeneem is, het die Citizen Saterdag berig.
R10 miljoen-skadevergoeding ná 7 jaar
Oliver Scholtz, ‘n voormalige leerling aan Reddam House, moet R10.3 miljoen skadevergoeding aan ‘n restaurantbestuurder betaal vir beserings wat hom verlam gelaat het, het die Saturday Star berig.
Kopiereg vir verjaarsdagliedjie betwis
‘n Dokumentêre rolprentvervaardiger dagvaar ‘n uitgewersarm van Warner Music Group nadat die maatskapy ‘n fooi van $1 500 (sowat R15 000) gehef het om die liedjie “Happy Birthday” in haar rolprent oor die liedjie se geskiedenis te gebruik.
Finland neem baie SA-kinders aan
Egpaartjies van Finland neem al hoe meer Suid-Afrikaanse kinders aan, het Sello Moloto, Suid-Afrika se ambassadeur in Finland, Vrydag gesê.
Werkers staak vir kankerpasiënte by Durban-hospitaal
Sowat 100 gesondheidswerkers het Vrydag buite Durban se Addington-hospitaal betoog weens twee van die hospitaal se radioterapiemasjiene wat vir vyf maande lank al buite werking is.