Warner Bros. het aangekondig dat hy in Februarie 2014 die LEGO Movie gaan vrystel.
Lees meerAlles vir Woensdag 19 Junie 2013
Patrice Motsepe skenk R12 miljoen
Mynmagnaat en miljardêr Patrice Motsepe het R12 miljoen aan Kaapstad geskenk vir die stryd teen armoede en werkloosheid.
Tshwane skop teen straatnaam-bevel
Tshwane kan glo nie van minagting van die hof aangekla word omdat hulle nie weer die ou straatname opgesit het nie, het die stad Woensdag gesê.
Twee Denel-werkers sterf in Somalië
Twee Suid-Afrikaners wat vir Denel, ‘n maatskappy wat verdedigingstoerusting vervaardig, werk, is Woensdag dood tydens ‘n ontploffing in Somalië.
‘Kaper’ skiet glo homself om weg te kom
ʼn Vermeende kaper het homself glo Woensdag in Johannesburg in die keel geskiet in ʼn poging om nie deur die polisie in hegtenis geneem te word nie.
Man kry 12 jaar ná hy kind met bylsteel doodslaan
ʼn Motorwerktuigkundige is Woensdag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy driejarige seun met ʼn bylsteel doodgeslaan het.
“Misdadigers vrees nie meer gereg” sê VF Plus
Die VF Plus is van mening dat misdadigers nie meer die gereg vrees nie.
SA-kunstenaar wen met haar skildery
Susanne du Toit, ʼn kunstenaar wat in Suid-Afrika gebore is, het pas ʼn prys van £30 000 (sowat R470 000) ingepalm vir ʼn olieskildery van haar seun, Pieter.
Swanger vrou dood, kind vermis ná krokodil-aanval
ʼn Swanger vrou van Indonesië is dood en haar driejarige seun word vermis nadat ʼn krokodil hulle glo in die oostelike gebied van die land aangeval het.
Inflasie daal in Mei
Die verbruikersprysinflasie (VPI) vir alle stedelike gebiede het in Mei 2013 na 5.6% gedaal, het Statistiek SA Woensdag gesê.
Moord in die beloofde land
Francois Bloemhof se nuwe spanningsvolle roman oor ‘n man in wie ‘n onbekende mag stadig die oorhand kry.
Afrikaanse iPad-app vir blokkiesraaisel-liefhebbers
ʼn Splinternuwe app (toepassing of applikasie) is pas bekendgestel wat blokkiesraaisel entoesiaste en verslaafdes se tone sal laat omkrul van plesier.
Beloning aangebied ná senior beampte se dood
Mzwandile Petros, die Gautengse polisiekommissaris, het Woensdag ʼn R100 000-belonging aangebied vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van ʼn senior polisiebeampte.
Uitdrukking: Iemand laat touspring
Het jy geweet “iemand laat touspring” word gebruik wanneer iemand ‘n pak slae toegedien word?
Amerika waarsku toeriste teen dié SA-stede
Amerika het glo ʼn waarskuwing aan toeriste uitgereik dat Pretoria, Johannesburg, Durban en Kaapstad “kritieke misdaad gevaarplekke” is.
Solidariteit vra Menseregtekommissie om in te gryp in SAL-saak
Solidariteit het die Menseregtekommissie versoek om ʼn vergadering tussen die vakbond en die Suid-Afrikaanse Lugdiens oor die lugredery se omstrede kadetprogram te fasiliteer.
Distrik Ses-besetters wil bly
ʼn Groep Khoi-aktiviste wat Saterdag glo onwettig ʼn woonstelkompleks in Distrik Ses in Kaapstad beset het, gaan na verwagting die uitsettingsbevel teen hulle in die hof beveg.
Nuuskommentaar: Spioenasie en objektiwiteit
Op die oomblik is Suid-Afrika en Turkye suur na dit aan die lig gekom het dat ‘n Britse agentskap tydens die G20-beraad in Brittanje op dié lande se afvaardigings gefokus het om kommunikasie te onderskep.
Steers nou ook in Londen
Die Suid-Afrikaanse kitskoskettinggroep, Steers, gaan glo op 6 Julie sy eerste tak in Londen oopmaak.
Limpopo-premier spandeer glo duisende op heli-ritte
Cassel Mathale, die premier van Limpopo, spandeer glo duisende rande om “kort” afstande met ʼn gehuurde helikopter af te lê.