ʼn Elektrisiteitsdief is dood nadat hy ʼn transformator probeer steel het in Bokfontein in Noordwes.
Alles vir die maand Junie 2013
Fetusse in drein gevind
Vier fetusse is in ʼn drein in Pretoria-Wes gevind.
Video: Innibos soek SA se koeksister-kampioen
Saam met bobotie, biltong en melktert, is koeksisters so trots Suid-Afrikaans soos kan kom.
‘Rower’ doodgeskiet, nog drie gewond
ʼn Vermeende rower is dood en drie is gewond na ʼn skietgeveg met die polisie in Mogwadi, Polokwane in Limpopo.
‘Groot verbetering in Mandela se toestand’
Oudpresident Nelson Mandela se toestand het die afgelope paar dae verbeter maar hy is steeds siek, het sy eksvrou Winnie Madikizela-Mandela Vrydag gesê.
‘Stropers’ kry borg
Vyf vermeende stropers is Vrydag op borgtog vrygelaat in die Bela Bela-landdroshof in Limpopo.
Babatjie veg om lewe ná hartaanval
Chanté Nel, ʼn 17 maande oue babatjie van Randburg, is in ʼn ernstige toestand in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg nadat sy onlangs ʼn hartaanval gekry het.
Franschhoek-plaasmoord: Saak verder uitgestel
Johan du Toit, wat daarvan verdink word dat hy sy vrou in 2010 in hul kothuis op die Dieu Donné-wynlandgoed in Franschhoek verwurg het, het Donderdag weer in die Paarl-streekshof verskyn, het The Cape Argus Vrydag berig.
Ten volle ontwikkelde fetus in mangat gevind
ʼn Ten volle ontwikkelde fetus is Vrydagoggend omstreeks 06:30 in Noordwes in ʼn mangat, wat na ʼn rioolpyp lei, gevind.
Waar kom “Die nag van die lang messe” vandaan?
Steek daar enige waarheid in die gerugte oor ʼn “nag van die lang messe”? Moet Suid-Afrikaners bekommerd wees? Herman Toerien ondersoek die herkoms van “Uhuru” en verduidelik wat ons te wagte kan wees wanneer Mandela tot sterwe kom.
“Modimolle-monster”-saak uitgestel
Die verhoor van Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” en sy drie medebeskuldigdes is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.
Brandstofprys haal rekordvlakke
Die nuwe brandstofprys vir Julie is pas bekend gemaak.
Video: Almal kuier lekker by Innibos
Inwoners van ander provinsies – wat plek-plek bibber van die winterkoue – stroom na Mpumalanga vir Mbombela se Innibos-fees, wat vanjaar al ‘n dekade oud is.
Dringende interdik teen Mandla Mandela
Sestien aansoekers het Vrydag in die Mthatha-hooggeregshof ʼn dringende interdik teen Mandla Mandela, die Oos-Kaapse premier en die LUR vir gesondheid bekom.
Jong man sterk aan ná brandstof-aanval
Garth du Preez (22) van Boksburg in Gauteng, sterk in die hospitaal aan nadat ʼn man verlede Vrydag by ʼn besige kruising ‘n vloeistof oor hom in sy voertuig gegooi en aan die brand gesteek het.
Leeuwyfie los in KZN
Mense in die Empangeni-omgewing in KwaZulu-Natal is gewaarsku om bedag te wees op ʼn rondloper leeuwyfie.
Kerse brand vir Madiba
Kerse van hoop brand Vrydagoggend steeds buite die Medi-Clinic Harthospitaal waar oud-president Nelson Mandela behandel word.
Obama land vandag in SA
President Jacob Zuma maak gereed om Saterdag met die Amerikaanse president Barack Obama in Pretoria te vergader.
Nuuskommentaar: As Obama en Madiba ontmoet
Dit lyk al hoe meer waarskynlik dat Obama, die VSA se eerste swart president, vanaand ‘n besoek aan sy held, Mandela, Suid-Afrika se eerste swart president, sal bring.
Uitdrukking: Toe kom die waterlanders
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking ‘toe kom die waterlanders’ wanneer iemand begin huil.