Pres. Barack Obama se beplande besoek aan Suid-Afrika kan in die gedrang kom, sou oud-pres. Nelson Mandela nou te sterwe kom, berig Stephen Collinson van AFP, wat oor die president se besoek aan Afrika verslag doen.
Alles vir die maand Junie 2013
Grondwethof beslis teen Zimbabwe oor grondvergrype
Die grondwethof het Donderdag die appèlaansoek van die Zimbabwiese regering teen ’n vroeëre beslissing van die appèlhof oor Robert Mugabe se grondhervormingsplan, met koste van die hand gewys.
Mandla ontken Mandela-familietwis
Mandla Mandela, ʼn kleinseun van oud-president Nelson Mandela, het ontken dat daar enige spanning tussen hom en sy tannie, Makaziwe Mandela, is.
Dekadente warm sjokolade
Heerlike warm sjokolade vir die koue wintersnagte.
Bloulig-tiener: Bestuurder het kursus glo twee keer gedop
Die Krugersdorp-landdroshof het Woensdag gehoor dat Humphrey Mmemezi se bestuurder wat Thomas Ferreira in 2011 omgery het, twee keer sy BBP-gevorderdebestuurskursus gedop het.
Nuuskommentaar: SA kan nie nog ‘n Marikana bekostig
Met byna almal se oë op die siekte van oudpresident Nelson Mandela, is baie mense egter kwalik bewus van die kruitvat wat weer in die mynbousektor aan die opbou is.
Video: Waaghals sê die lewe is te kort
James Kingston, ʼn 22-jarige waaghals van Southampton, Engeland, het onlangs ʼn GoPro-kamera gebruik om homself af te neem terwyl hy ʼn hyskraan uitklim en aan een hand daarvan afhang.
Australiese minister sê per ongeluk Mandela is dood
Gary Gray, die Australiese minister van hulpbronne, het om verskoning gevra nadat hy verkeerdelik aangekondig het dat oud-president Nelson Mandela dood is.
Uitdrukking: Op die keper beskou
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Op die keper beskou’.
Nigel-boer en vriendin vas vir veediefstal
ʼn Veeboer van Nigel, Martinus Jacobs (37), en sy vriendin, Riana Wheeler (27), is vroeër die week in hegtenis geneem nadat vermoedelik gesteelde bokke in hul besit gevind is.
Gedagte vir die dag: Die juk van Jesus (3)
Teks: Mt. 11: 28, 29+30: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op…
Grondwethof lewer vandag uitspraak oor Zimbabwiese grondvergrype
Die grondwethof lewer Donderdag uitspraak in die Zimbabwiese regering se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vroeëre beslissing van die appèlhof ten gunste van 78 Zimbabwiese boere oor Robert Mugabe se grondhervormingsplan.
Vrou sterf na sy in mangat val
ʼn Geestesversteurde vrou is dood nadat sy in ʼn mangat geval het in Bloemhof, Noordwes.
Man sit lank ná hy 7-jarige verkrag, vermoor
Bulelani Jula is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en verkragting.
‘Mandela op lewensondersteuning’
Oudpresident Nelson Mandela is aan lewensondersteunende masjiene gekoppel, het ’n lid van die familie Woensdag gesê, terwyl president Jacob Zuma ʼn beplande besoek aan Mosambiek afgelas het.
Oorlogsbriewe bereik 69 jaar later hul bestemming
Chuck Kunellis van Kalifornië in Amerika het verlede naweek uiteindelik twee briewe, wat sy pa 69 jaar gelede tydens die Tweede Wêreldoorlog aan sy ma geskryf het, ontvang.
‘Modimolle-monster’ het aanval glo “haarfyn beplan”
Johan Kotze het glo die marteling en bendeverkragting van sy vrou en die moord op haar seun haarfyn beplan, het die Pretoriase hooggeregshof Woensdag gehoor.
Twee SA-groepe wil Obama in hegtenis neem
Twee groepe in Suid-Afrika het Woensdag probeer om lasbriewe te bekom vir pres. Barack Obama van Amerika se inhegtenisneming.
Tiener gevonnis ná hy seun verkrag
‘n 18-jarige man is Woensdag deur die Vryheid-streekshof in KwaZulu-Natal tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 12-jarige seun verkrag het.
DA soek verslag oor beweerde Gaddafi-miljarde
Die DA gaan die finansiële intelligensiesentrum (FIC) versoek om alle dokumentasie te sien wat aan die Verenigde Nasies (VN) oorhandig is wat verband hou met Libië se finansiële belange in Suid-Afika.