Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag tydens die Chanelle Henning-moordsaak gehoor dat beeldmateriaal van kringtelevisiekameras geloofwaardig is.
Lees meerAlles vir Maandag 1 Julie 2013
Mandela: Grafte sal glo “diamantveld” wees
‘n Lid van die Mandela-familie het Maandag aan die Dispatch-koerant gesê Mandla Mandela sal uit die familie “uitgesluit” word sodra oud-president Nelson Mandela tot sterwe kom.
‘Modimolle-monster’: Vermeende verkragter bang vir polisie
‘n Beweerde verkragter in die “Modimolle-monster”-saak het nie na die polisie gegaan nie, aangesien hy glo bang was dat hy onskuldig beskuldig sou word, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor.
Tweejarige sterf ná gedokterde drankie
‘n Kleuter van Umlazi in Durban is die naweek dood nadat hy alkohol, wat met dwelmmiddels gedokter is, ingekry het.
“Dit gaan nie oor syfers,” sê Steve
“Dis dalk oordrewe syfers, maar dit kon ʼn boer se lewe gered het,” skryf Steve Hofmeyr in reaksie op die wye kritiek wat sy skrywe, “My tribe is dying like flies” uitgelok het.
My volk sterf soos vlieë
Steve Hofmeyr reageer op ʼn berig wat Sondag in Rapport verskyn het en ʼn artikel wat deur Africa Check gepubliseer is. Die artikels het kritiek uitgespreek op plaasmoord-statistiek wat hy vroeër op Facebook aangehaal het.
Maroela Media Top 20 – 1 Julie 2013
Pot se deksel – Juanita du Plessis Niks en niemand – Ampie du Preez Eendag as ons groot is – Dewald Wasserfall Wag-wag – Zandré…
Saartjie Omnibus 2
deur Bettie Naudé In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en…
Saartjie Omnibus 1
deur Bettie Naudé In hierdie omnibus, wat die eerste van drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met…
Video: Akteur hou 40 potjies aan die kook
Om een potjie dop te hou en seker te maak dit het genoeg geur en smaak, is al genoeg werk. Maar om 40 gelyk te laat prut, klink haas onmoontlik.
Video: Oscar terug op die baan
Oscar Pistorius se bestuur sê hy het ’n week gelede besluit om weer amptelik te begin oefen.
Chokers en Survivors
deur Nathan Trantraal ‘n Oorrompelende debuutbundel wat stem gee aan die lewe in en om die Kaapse vlakte. Geskryf in die taal eie aan die…
PTA-ma, dogters op vakansie aangeval
ʼn Ma van Pretoria en haar twee dogters is Maandag beseer terwyl hulle op ʼn wandelpad in die Port Edward-omgewing aangeval is.
Mpuma-ongeluk eis 5
Vyf mense is dood nadat twee voertuie Sondagaand mekaar reg van voor naby Ermelo in Mpumalanga getref het.
Vermeende rowers aangeval
Inwoners van Soweto het oor die naweek glo twee mans aangerand wat vermoedelik probeer het om ʼn voetganger te beroof.
Nuuskommentaar: Steve se syfers
In die kritiek op Steve Hofmeyr oor die gebruik van syfers oor plaasaanvalle word dikwels uit die oog verloor dat die polisie nie amptelike syfers hieroor byhou nie.
Steve en die plaasmoordstatistiek
Die sanger Steve Hofmeyr sal na verwagting Maandagmiddag reageer op ʼn berig wat Sondag in Rapport verskyn het en ʼn artikel wat verlede week Maandag op die webwerf Africa Check gepubliseer is.
Cirque de Soleil-akrobaat sterf tydens vertoning
ʼn Akrobaat van die bekende sirkus, Cirque du Soleil, is Saterdagaand dood nadat sy tydens ʼn vertoning in Las Vegas geval het.
Polisievlieënier was glo dronk
ʼn Geregtelike ondersoek in die Emalahleni (Witbank)-landdroshof het beweringe aangehoor dat die vlieënier van ʼn polisiehelikopter wat in Julie 2010 neergestort en die dood van sewe mense veroorsaak het, glo dronk was, het Beeld Maandag berig.
Gedagte vir die dag: Alleentye
Teks: “Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied van Tirus toe. Daar het Hy in ’n sekere huis tuis gegaan, en Hy…