Vier mans is Sondagoggend in Noordwes beseer nadat ʼn buurman glo ʼn plofbare toestel in ʼn vuur gegooi het.
Alles vir Maandag 1 Julie 2013
Veiligheidswag swaar gevonnis vir verkragting
ʼn Veiligheidswag (48) is deur die streekshof in Wynberg, Kaapstad, swaar gevonnis nadat hy sy 13-jarige susterskind verkrag het, het die Cape Argus Maandag berig.
Kaapstadse polisieman doodgeskiet
ʼn Polisieman wat nie aan diens was nie, is Sondagoggend by sy huis in Tafelsig in Kaapstad doodgeskiet.
Nuuskommentaar: Winde van verandering
Die ANC het gekeer dat Obama die parlement toespreek, en as Obama Suid-Afrika wou aanspreek, sou die lesing Sondagaand by die Universiteit van Kaapstad dié geleentheid wees.
Obama verlaat SA
Die Amerikaanse president Barack Obama vlieg vandag na Tanzanië vir die laaste gedeelte van sy Afrika-toer.
Woord: Jakobjollie
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord ‘Jakobjollie’.
Mandela-kleinseun gaan dalk interdik teenstaan
Mandla Mandela, die kleinseun van oud-president Nelson Mandela, gaan glo die dringende interdik teen hom teenstaan.
Tiener verdrink ná hy kind red
ʼn 15-jarige seun het Sondag naby Pietermaritzburg verdrink terwyl hy ʼn kind uit ʼn sloot gered het, het The Witness Maandag berig.
Nóg twee vas na moord op Jhb-polisiehoof
Die polisie het Sondag bekend gemaak dat nog twee verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die moord op genl.maj. Tirhani Maswanganyi (51), Johannesburgse polisiehoof.
Madikizela-Mandela se uitlatings ‘betreurenswaardig’
Die ANC sê hy was onbewus daarvan dat die familie van oudpres. Nelson Mandela ongelukkig is oor president Jacob Zuma en ander ANC-lede se besoek aan Mandela in April vanjaar.
‘Zuma skep verleentheid vir Obama, Mandela en SA’
Die Christelike Demokratiese Party (CDP) sê president Jacob Zuma se uitlatings aan die Amerikaanse president Barack Obama dat oudpres. Nelson Mandela tevrede is met hoe die ANC die land regeer, is ʼn belediging.
Vyftien sterf in botsing
Vyftien mense is Sondag dood nadat ʼn bakkie en ʼn bus op die R510 buite Rustenburg in Noordwes gebots het.