Meer as 1 000 mense het Maandagaand die herdenkingsdiens bygewoon van 19 elite brandbestryders wat Sondag tydens ‘n brand in Arizona, Amerika, oorlede is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 Julie 2013
‘Modimolle-monster’: Nuwe sielkundige bewyse
Die staat het Dinsdag sy kruisverhoor in die sogenaamde “Modimolle-monster”-saak in die Pretoriase hooggeregshof afgesluit, voordat hy Woensdag glo nuwe sielkundige bewyse oor Kotze sal indien.
Madonsela kry “hoogs geheime” Nkandla-verslag
Thulas Nxesi, die minister van openbare werke, het Dinsdag die geklassifiseerde Nkandla-verslag aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, oorhandig.
Burry Stander: Klagtes voorlopig laat vaar
Klagtes van strafbare manslag is voorlopig laat vaar teen ‘n minibustaxibestuurder wat bergfietsryer Burry Stander glo doodgery het.
Jong man in Potch vermoor
Willem van der Westhuizen, ʼn 22-jarige inwoner van Potchefstroom, se liggaam is Sondagoggend op ʼn sypaadjie in die dorp gevind.
Henning-saak: Staat het alle getuies ondervra
Die staat het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof sy saak in die Chanelle Henning-moordverhoor afgesluit.
Baba sterk aan ná hartaanval
Chanté Nel, ʼn 17 maande oue babatjie van Randburg, is steeds in ʼn ernstige maar stabiele toestand in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg nadat sy onlangs ʼn hartaanval gekry het.
Hoop vir Witbank onder eMalahleni-administrasie
AfriForum se tak in eMalahleni (Witbank) het kwelpunte in dié dorp, wat algemene diensleweringsprobleme soos probleme met paaie, elektrisiteitsvoorsiening en waterinfrastruktuur insluit, onder die administrasie van die eMalahleni-munisipaliteit se aandag gebring.
Uitdrukking: Die Gordiaanse knoop deurhak/deurkap
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Die Gordiaanse knoop deurhak/deurkap’.
Onnie swaar gevonnis ná hy met seuns lol
Jacques Strydom, ʼn voormalige sportafrigter by Hoërskool Hugenote in Springs in Gauteng is Maandag in die Benoni-streekshof gevonnis.
Twee vas vir moord op Kaapstadse polisieman
Twee mense is in hegtenis geneem nadat ʼn polisieman, wat nie aan diens was nie, Sondagoggend by sy huis in Tafelsig in Kaapstad doodgeskiet is.
Weerwet kry wind van voor
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag gesê die Weerwet se wysigingswetsontwerp moet aangepas word sodat daar slegs opgetree kan word teen diegene wat misleidende waarskuwings maak.
Ses vas ná wilde jaagtog
Ses mans is Maandag ná ʼn wilde jaagtog in hegtenis geneem nadat ʼn rooftog by ʼn winkelsentrum in Sandton, Johannesburg uitgevoer is.
Nuuskommentaar: Zuma se gewildheid daal – peiling
Volgens die jongste TNS-peiling het Zuma se steun in die ses grootste metropolitaanse gebiede in die middelste twee weke van Mei tot 41% gedaal.
Drie sterf in Bloem-ongeluk
Drie mense is dood en drie is ernstig beseer nadat ʼn voertuig en ʼn minibustaxi Dinsdagoggend in Bloemfontein gebots het.
De Klerk ook in hospitaal
Oud-president FW de Klerk word Dinsdag in ʼn hospitaal in Parow, Kaapstad, opgeneem, berig Beeld.
Bloedvoorraad in die rooi
Die Nasionale Bloeddiens (SANBD) het Dinsdag ʼn waarskuwing uitgereik dat sy bloedvoorraad ‘n kritieke laagtepunt bereik het.
Petrolprys haal rekordvlakke om middernag
Motoriste gaan van middernag 84c meer vir beide 93- en 95-oktaan petrol moet opdok en 78,2c vir beide grade diesel.
Burry Stander: Taxibestuurder weer in hof
Die saak van strafbare manslag teen die minibus-taxibestuurder wat vermoedelik die bergfietsryer Burry Stander doodgery het, hervat Dinsdag in die Port Shepstone-landdroshof.
Twee in hof oor moord op Jhb-polisiehoof
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle genl.maj. Tirhani Maswanganyi (51), Johannesburgse polisiehoof, vermoor het, het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.