Landon Reese (6) van Jackson, Mississippi in Amerika, het gedink hy gaan oor ‘n plas water ry, maar hy het met sy fiets in ‘n reuse sinkgat beland.
Lees meerAlles vir Woensdag 3 Julie 2013
Besigheid floreer buite Mandela-hospitaal
Terwyl oud-president Nelson Mandela in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal verkeer, floreer sake glo buite die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria.
Sielkundige getuig oor ‘Modimolle-monster’
ʼn Kliniese sielkundige het Woensdag aan die Pretoriase hooggeregshof gesê hy stem nie saam dat die sogenaamde “Modimolle-monster” in ʼn dissosiatiewe staat was toe hy Ina Bonnette en haar seun aangeval het nie.
De Klerk uit hospitaal ontslaan
Voormalige president FW de Klerk is Woensdagoggend uit die hospitaal ontslaan nadat hy ʼn pasaangeër ontvang het.
Ambrose Monye getuig in Chanelle Henning-saak
Ambrose Monye, een van die mans wat glo deel was van die sameswering om Chanelle Henning te vermoor, het Woensdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof getuig.
11-jarige in huis verkrag, met mes gesteek
ʼn 11-jarige meisie van Gauteng is Woensdagoggend in haar huis verkrag en verskeie kere met ʼn mes gesteek.
Video: Ma skenk deel van lewer om haar kind te red
‘n Johannesburgse ma het ‘n deel van haar gesonde lewer geskenk om haar siek babaseuntjie van nege maande se lewe te red.
Oud-burgemeester weier glo om Potch-kantoor te verlaat
Die DA het Woensdag in ʼn verklaring gesê die voormalige Tlokwe-burgemeester, Maphetle Maphetle, en sy komitee weier om hul kantore te ontruim nadat hulle Dinsdag ontsetel is.
Video: Afrigter wat verkrag gaan glo appelleer
‘n Sportafrigter wat vyf van sy tienerleerlinge verkrag en seksueel aangerand het, sê hy gaan nie sy slagoffers om verskoning vra nie.
“Rondloper” renoster gevang
Die polisie en wildbewaarders van Grahamstad in die Oos-Kaap het ʼn renoster gevang en na ʼn plek van veiligheid geneem nadat hy naby die N2-snelweg naby Salem rondgeloop het.
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
Maphetle Maphetle, wat weens ʼn mosie van wantroue nie meer die burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit is nie, het Woensdag gesê hy wil inwoners van Potchefstroom “gerusstel” dat alles binnekort weer na “normaliteit en stabiliteit” sal terugkeer.
“Handsakdief” aangerand en vermoor
Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn groep inwoners van Sebokeng in Gauteng glo ʼn man, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn handsak gegryp het, Dinsdag vermoor het.
Uitspraak gelewer in Mandela-graftesaak
Die Oos-Kaapse hooggeregshof het Woensdag uitspraak gelewer oor die skuif van die oorskot van Mandela-familielede in die saak teen Mandla Mandela, voormalige president Nelson Mandela se kleinseun.
Spesialiseenheid beveg regstellende aksie
Die vakbond Solidariteit het Woensdag sy Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke bekendgestel in reaksie op die staat se huidige regstellendeaksiemodel wat misluk het.
Vroue wou glo man en kind aan die brand steek
Vyf vroue is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man en sy kind aan die brand wou steek.
R80 000 se juwele gesteel
Elf mans, meestal jeugdiges, is in hegtenis geneem nadat hulle glo juwele ter waarde van R80 000 in Umkomaas in KwaZulu-Natal gesteel het.
SAUK nie meer in Zimbabwe te sien
Sentech, die seinverspreider vir die Suid-Afrikaanse uitsaaisektor, het die sein van die SAUK se televisiekanale na Zimbabwe geblok, het Business Day Woensdag berig.
Nuuskommentaar: ‘n Morsi gemors en ons betaal by die petrolpomp
Van middernag af betaal Suid-Afrikaners ‘n rekordprys vir brandstof, terwyl daar steeds ‘n surplus aan ru-olie op die wêreldmark is.
Minki ʼn pienkvoet ryker
Minki van der Westhuizen, die internasionale model en televisieaanbieder, het Woensdag ʼn babadogtertjie ryker geword.
JHB-restauranteienaar sterf ná aanval
Brian Shalkof, een van die eienaars van die Gramadoelas-restaurant in Newtown in Johannesburg, het aan sy beserings beswyk nadat hy en sy lewensmaat, Eduan Naude, verlede maand tydens ʼn rooftog aangerand is, het The Star Woensdag berig.