“Trek” beeld die daaglikse hartseer en vreugdes van die Groot Trek uit deur die oë van vier vroue wat die Trek meegemaak het.
Alles vir Donderdag 4 Julie 2013
Zuma skop teen drukgroep
President Jacob Zuma gaan Casac, die Grondwet-waghondorganisasie, se aansoek in die konstitusionele hof teenstaan wat hom wil dwing om ʼn permanente nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) binne 30 dae aan te stel, het Beeld Donderdag berig.
Boshoek-brand eis lewe
‘n 56-jarige man is dood nadat ʼn brand Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn gebou in Boshoek in Noordwes uitgebreek het.
Omkoopgeld om hare terug te kry
ʼn 34-jarige Chinese man is in City Deep in Johannesburg in hegtenis geneem nadat goedere, wat onwettig in die land in gesmokkel is, in sy besit gevind is.
Oorskot van Mandela-kinders weer opgegrawe
Die oorskot van drie van oudpresident Nelson Mandela se oorlede kinders is Woensdagaand gevind nadat die polisie ʼn pik gebruik het om die hekke na Mandela se kleinseun Mandla se woning oop te breek om die oorskot op te grawe.
ANC skors Tlokwe-raadslede
Die ANC in Noordwes het die skorsing van 14 van sy raadslede van die Tlokwe-munisipaliteit verwelkom nadat ʼn mosie van wantroue teen die ANC se burgemeester ingedien en aanvaar is.
Man verongeluk na polisiejaagtog
ʼn Man het verongeluk na ‘n polisiejaagtog in Sasolburg in die Vrystaat.