Die polisie in Brittanje het glo 38 “persone van belang” identifiseer in hul soeke na leidrade oor die ontvoering van Madeleine McCann, wat in 2007 by ʼn vakansieoord in Portugal ontvoer is.
Lees meerAlles vir Vrydag 5 Julie 2013
Grafskendingsaak gaan voort teen Mandla Mandela
Ondersoekbeamptes het glo “meeste van die bewyse” in ‘n grafskendingsaak teen Mandla Mandela ingesamel.
Chanelle Henning-saak: Monye se getuienis bevraagteken
Die getuienis van een van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ‘n komplot om Chanelle Henning te vermoor, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof bevraagteken.
Miljoene rand se tik by OR Tambo opgespoor
Die SAID het by OR Tambo-lughawe in Johannesburg beslag gelê op dwelmmiddels met ‘n geraamde straatwaarde van R42.6 miljoen.
Baba Chloe se ouers glo by grafsteen gedreig, gevloek
Chloe Laney se ouers, Henry en Corlia Laney, het lank gespaar om vir hul “prinsessie” die beste grafsteen te kry, maar hulle is op die ou end getraumatiseer gelaat.
Video: Première van Die Laaste Tango
Deon Meyer is nie ʼn vreemdeling in die literêre wêreld nie en nou skuif hy vir die eerste keer in die regisseursstoel in vir sy rolprent ‘Die Laaste Tango’ wat vandag by teaters begin draai.
Nuwe tuiste vir Aardklop-feesterrein
Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefeesterrein gaan vanjaar skuif – van Die Bult na die sportgronde van die NWU se Puk-kampus.
Gips se dae getel – maar jy gaan hoes
‘n Herwinbare “eksoskelet” wat deur driedimensionele (3D)-drukwerk vervaardig word, is nou moontlik in die plek van die bekende gips om beenbreuke mee te heel.
Tiener spoel glo fetus in toilet af
ʼn Tiener van KwaZulu-Natal is vandeesweek in hegtenis geneem nadat sy ʼn sewe maande oue fetus, wat geaborteer is, glo in ʼn toilet afgespoel het.
Resep: Afrika-safarisop
Heerlike sop om die naweek saam jou geliefdes langs die kaggel te geniet!
Nuuskommentaar: Tlokwe, demokrasie en geloofwaardigheid van politici
Herman Toerien neem die geloofwaardigheid van demokrasie en politici onder die loep.
Twee van Waterkloof-4 gaan appelleer
Twee van die sogenaamde Waterkloof-vier het die Pretoriase hooggeregshof in kennis gestel dat hulle beplan om appèl aan te teken teen ʼn hofbevel wat hulle dwing om op 10 Julie terug te keer tronk toe.
‘Monster’-saak uitgestel vir getuies
Die hofsaak van Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, en drie van sy medebeskuldigdes, is Vrydag weer in die Pretoriase hooggeregshof uitgestel.
Geen vuurwapenlisensies meer nie
Gun Free SA, ʼn organisasie wat hulle toespits op ʼn vuurwapenvrye Suid-Afrika, het versoek dat ʼn onmiddellike moratorium geplaas moet word op die uitreik van alle vuurwapenlisensies, -permitte, en –sertifikate.
Zuma, Tutu kry van die eerste slim ID-kaarte
Die eerste reeks slim ID-kaarte gaan vandeesmaand aan ʼn reeks prominente Suid-Afrikaners uitgereik word.
Egpaar “getroud” op 4 jaar; ná 87 jaar steeds saam
Sewentien jaar nadat hulle as vierjariges soos ʼn bruid en bruidegom aangetrek het, is Ron en Eileen Everest in die eg verbind. Die egpaar het onlangs hul 70ste huweliksherdenking gevier.
Wraak
deur Daniëlle Bakhuis Kristie was dolverlief op Henk die eerste oomblik toe sy hom gesien het. Maar intussen het haar oë oopgegaan, baie dankie. Sy…
Burry Stander se familie soek antwoorde
Die familie van die Olimpiese fietsryer, Burry Stander, is ontsteld dat die aanklag van strafbare manslag voorlopig teen die taxibestuurder, wat hom glo doodgery het, laat vaar is.
Uitdrukking: ‘n Bullebak
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘ ‘n Bullebak’
Man aangerand, aangekeer ná roof
ʼn Groep inwoners het ʼn man aangerand en aangekeer nadat hy glo Vrydagoggend glo ʼn winkel, wat aan ʼn Somaliër behoort, in Limpopo beroof het.