Die koste van TV-lisensies sal vanaf September vanjaar styg, het die SABC Dinsdag aangekondig.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Julie 2013
Staatsaanklaer vas in hof
ʼn Staatsaanklaer in die Durbanse landdroshof is Dinsdag in hegtenis geneem terwyl die hof in sitting was.
Zuma pos drie ministers
President Jacob Zuma het Dinsdag tydens ʼn skommeling van sy kabinet drie ministers gepos en twee omgeruil.
ANC kry meer as R3 m. se munisipale rekening
Die ANC het ʼn foutiewe rekening van die Stad Johannesburg gekry waarin daar beweer word dat die party R3,5 miljoen skuld in uitstaande tariewe, belasting en elektrisiteit.
Nuwe ministers en adjunkministers aangekondig
President Jacob Zuma het Dinsdag tydens ʼn spesiale mediakonferensie skommelinge aan sy kabinet aangekondig.
Kwart van mense wêreldwyd is glo korrup
Transparency International het tydens ʼn opname bevind dat een uit vier mense die afgelope jaar wêreldwyd omkoopgeld betaal het.
Oud-SAID-beampte en haar man gevonnis oor bedrog
Bronwyn Tanya Masters Goldman en haar man, Neil Goldman, is Dinsdag gevonnis nadat sy bedrog van meer as R6 miljoen teenoor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gepleeg het.
Chanelle Henning-saak: Bewerings oor dwelms, molestering
Andre Gouws, een van die mans wat beskuldig word van die komplot om Chanelle Henning te vermoor, is glo aangesê om haar dop te hou, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Kleuter dood ná eksperimentele operasie
Hannah Warren (2) is minder as drie maande, nadat sy ʼn sintetiese lugpyp ontvang het wat van haar eie stamselle gemaak is, oorlede.
Pa en seun beseer toe domkrag ingee
ʼn Man en sy 13-jarige seun van Durban is Dinsdag ernstig beseer toe ʼn motor op hulle geval het nadat ʼn domkrag ingegee het.
Hiér word jou belastinggeld vermors
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het vandag Gauteng se swakste en beste munisipaliteite aangewys.
Metrobus-staking duur voort
Die onbepaalde staking deur Metrobus-bestuurders duur Dinsdag voort.
Jong man sterf maand voor sy troue
Divan Barnard (26) van George, is Maandagoggend in ʼn motorongeluk op die N2 by Stormsrivier oorlede.
Video: Oud-Potch-burgemeester weier steeds om te ontruim
Maphetle Maphetle, voormalige burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom), het nie gehoor gegee aan ‘n kennisgewing om sy kantoor teen 5 Julie te ontruim nie
Woord: Jakkie
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord ‘Jakkie’.
Bestralingsvlakke 90-voudig hoër by kernkragaanleg
Tokyo Electric Power Co Inc het Dinsdag gesê vlakke van radioaktiewe-materiaal in grondwater het skerp gestyg by ʼn beskadigde kernkragaanleg in Japan.
Amplats-staking beëindig
Werkers by Anglo American Platinum (Amplats) se Thembelani- en Khuseleka-myne het Dinsdag weer teruggekeer werk toe
‘Ontvoerde’ 19-jarige veilig opgespoor
Bianca Joubert (19), wat sedert Vrydag vermis was, is Maandagaand veilig opgespoor.
Nuuskommentaar: Kommunikasie oor Mandela
“…Die probleem is die wyse waarop oor Mandela se toestand gekommunikeer word – en ongelukkig dra die “wie” daardie kommunikasie behartig, ook nie tot die geloofwaardigheid by nie…” skryf Herman Toerien
Leeus eet nie hondekos nie
deur André Bouchard “Nie ‘n hond nie, ook nie ‘n kat nie! Hondekos stink,” het Karlien se mamma en pappa gesê. Omdat sy ‘n gehoorsame…