Drie mans is Donderdag gevonnis vir renosterstropery in Polokwane, Limpopo.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 Julie 2013
‘Modimolle-monster’: Verdagte is HIV-positief
Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, moet op ‘n aanklag van poging tot moord skuldig bevind word, aangesien een van haar verkragters HIV-positief is, het die Pretoriase hooggeregshof Donderdag gehoor.
Placido Domingo kanselleer dalk nóg vertonings
Die bekende operasanger Placido Damingo (72) se seun het gesê verdere vertonings van dié sanger kan moontlik gekanselleer word nadat hy in ‘n hospitaal in Madrid opgeneem is.
Geen korruptes sal baret dra nie, sê Malema
Die Economic Freedom Fighters (EFF) sal ʼn sterk beleid teen korrupsie hê, het Julius Malema, leier van die beweging, Donderdag by die bekendstelling gesê.
Numsa versoek Medupi-ondersoek
Numsa het Donderdag versoek dat ʼn onafhanklike ondersoek oor beweerde samespanning deur konstruksiemaatskappye by die Medupi-kragstasie in Limpopo ondersoek moet word.
Kind verdrink byna by Uvongo
ʼn Negejarige seun is Donderdagmiddag by Uvongo naby Port Shepstone in KwaZulu-Natal gered nadat hy byna verdrink het.
90 katte in Thailand gered
Die polisie in Thailand het gesê hulle het sowat 90 uitgehongerde katte, wat glo onderweg was na Viëtnam, gered.
Video: Adam Sandler in SA deur jagluiperd “aangeval”
Die Amerikaanse rolprentster Adam Sandler het, volgens hom, ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn jagluiperd hom onlangs tydens sy besoek aan Suid-Afrika “aangeval” het.
Omstrede wapentransaksie binnekort ondersoek
Die Kommissie van Ondersoek oor bewerings van bedrog en korrupsie in Suid-Afrika se multi-miljardrandse wapentransaksie sal op 5 Augustus begin.
Kurt Darren sterk aan ná ongeluk
Kurt Darren is van die intensiewesorgeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas in die Milpark-hospitaal in Johannesburg.
Video: Vroue betoog deur Shard-gebou uit te klim
Ses aktiviste van Greenpeace het Donderdag begin om Engeland se hoogste gebou, die Shard, uit te klim.
JHB van “wêreldgehalte stad”-status ontneem
Die stad Johannesburg is deur die advertensieowerheid aangesê om nie meer ʼn gedeelte van sy “wêreldgehalte Afrika-stad”-veldtog te publiseer nie, aangesien dit glo “misleidend” is.
Nuuskommentaar: Emosies oor skaliegas
Regoor die wêreld is daar hewige emosies los oor skaliegas – nie net oor die ontginning nie, maar die moontlikheid van selfs net prospektering, laat staan nog ontginning.
Video: Die wêreld se vriendelikste restaurant
Tim Harris (26), ʼn downsindroomlyer, het nog altyd daarvan gedroom om sy eie restaurant te hê.
Raaisel van ‘vreemde kreatuur’ opgelos
Die hele land het kopgekrap nadat die ontbinde oorskot van ʼn vreemde kreatuur Maandag by The Crags buite Plettenbergbaai opgespoor is.
Dubbele vreugde vir Karlien en Derick
Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar rugbyspeler-man, Derick Hougaard, het ʼn dubbele verrassing gekry toe hulle Dinsdag die ginekoloog vir hul swangerskap-sonar besoek het.
Groot skade na voertuig op spoorlyn beland
ʼn Bakkie het Donderdagoggend omstreeks 04:30 op die Metrorail-spoorlyn beland en tot so mate skade aan die oorhoofse drade veroorsaak dat twee spoorlyne gesluit moes word.
Nóg ‘n Malema-huis verkoop
Nóg ʼn huis van die voormalige ANC-jeugligaleier, Julius Malema, sal oor twee weke op ʼn veiling verkoop word, het die Sowetan Donderdag berig.
Weermag vat vliegtuig wat glo lugruim skend
Die weermag het op ʼn burgerlike vliegtuig beslag gelê by die Waterkloof-lugmag basis nadat dit glo die lugvaartwette oortree het.
Nelson Mandela ‘reageer op behandeling’
Oudpresident Nelson Mandela reageer op behandeling maar is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal, het die presidensie Woensdag aangekondig.