‘n Man van Brasilië is dood nadat ‘n koei deur sy huis op sy bed geval het.
Lees meerAlles vir Maandag 15 Julie 2013
Bondeltjie vreugde vir Graeme Smith
Graeme Smith en sy vrou, Morgan, se tweede babatjie is Maandagoggend gebore.
Olifant uitgesit ná “onbeheersde brand”
‘n Brand wat tot die dood van ‘n olifant in die Kruger-wildtuin gelei het, was onbeheersd, het SANParke Maandag gesê.
AfriForum wil self strate teer
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit in Lichtenburg gevra vir teer om strate in dié dorp self te herstel.
Burgemeester wil Heathrow-lughawe sluit
Die burgemeester in Londen het aangekondig dat Heathrow-lughawe, wat jaarliks sowat 70 miljoen passasiers hanteer, gesluit moet word vir opgradering.
Taai onderhandelinge lê voor by Kamer van Mynwese
Die Kamer van Mynwese se openingsloonaanbod van slegs 4% vir werknemers in die goudbedryf is ‘n aanduiding dat 2013 se onderhandelings by die Kamer uitsonderlik uitdagend gaan wees, het die vakbond Solidariteit Maandag gesê.
‘Modimolle-monster’: Die volledige uitspraak
Waarnemende regter Bert Bam het Maandag in die sogenaamde ‘Modimolle-monster’-saak ook uitspraak gelewer oor aanklagte wat verband hou met die verkragting van Ina Bonnette.
Plaasmoord: Vrou in Oos-Kaap vermoor
Elizabeth Helena (Lizelle) le Roux, ʼn vrou in haar vroeë 40s, se lyk is Maandagoggend op ʼn plaas in Molteno in die Oos-Kaap aangetref.
‘Modimolle-monster’: Uitspraak gelewer
Waarnemende regter Bert Bam het Maandag sy uitspraak in die sogenaamde ‘Modimolle-monster’-saak in die Pretoriase hooggeregshof begin lewer.
Gedagte vir die dag: In SY naam
Teks: Luk. 7: 14: “En Hy sê: ‘Jongman, Ek sê vir jou, staan op!’” Verbeel jou jy was een van die mense in die skare…
Apple ondersoek iPhone-sterfte
Apple het Maandag gesê hy sal bewerings ondersoek nadat ʼn vrou in China, wat op haar iPhone gepraat het terwyl sy die foon gelaai het, glo doodgeskok het.
Help kies Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye
Maroela Media is op soek na die liedjie wat die groot gunsteling van die Afrikaanssprekende gemeenskap is. Dié liedjie sal die titel Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye ontvang.
Toeris vas vir “klipsmokkel”
Peter Knops van Nederland is in Turkye aangekeer nadat hy glo ‘n klip op die strand opgetel het en na Nederland wou saamneem.
Motlanthe sê ANC kan mag verloor
Adjunk president Kgalema Motlanthe het gesê “gevestigde persoonlike belang” verhoed die ANC om meer verenig en doeltreffend te wees en die probleme gaan moontlik vererger, het die Financial Times Limited Maandag berig.
Swart op Wit
deur Annelie Botes “My dinkgoed het deurmekaar geraak,” sê Annelie Botes. ’n Aantal jaar gelede het ’n mediastorm om dié Kammanassiekind se kop losgebars. Dit…
Skrapnel
deur Irma Venter Skrapnel is ‘n opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy ‘n storie oor ‘n mynsindikaat…
Britse soldate glo “tot die dood toe marsjeer”
Twee Britse soldate is tydens ʼn oefensessie oor die naweek, om as elite soldate aangestel te word, dood aan hitte-uitputting.
Bykans 6 000 vermis, vermoedelik dood ná vloede
Bykans 6 000 mense word vermis ná vloede Indië verlede maand getref het.
Limpopo-premier bedank
Cassel Mathale, premier van Limpopo, het Maandag as premier en lid van die provinsiale wetgewer bedank.
Kaapstad-meisies word vermis
Kerryn-Leigh Turner en Kyle Strydom, albei 16 jaar oud, word sedert Sondagoggend van hul ouerhuise in Brackenfell in die Wes-Kaap vermis.