Die hond in ‘n foto van Augustus 2012 saam met sy baas, John Unger, in Lake Superior, wat miljoene se harte aangeraak het, is oorlede.
Lees meerAlles vir Vrydag 19 Julie 2013
FHM-werknemers gepos oor verkragting-grappies
Twee werknemers van die manstydskrif FHM wat onder skoot gekom het nadat hulle grappige uitlatings oor korrektiewe verkragting op Facebook gemaak het, is Vrydag afgedank.
Polisieman verkrag vrou glo in amptelike kar
‘n Kaptein in die polisie is in Worcester in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 46-jarige vrou in sy amptelike motor verkrag het, het die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) Vrydag gesê.
Wêreld wag (on)geduldig vir koninklike baba
Kate Middleton en prins William het Vrydagmiddag omstreeks 15:00 hul ouers se huis in Bucklebury verlaat en na Londen vertrek.
Eskom: Solidariteit-lede staak nie
Ondanks die feit dat werknemers van Eskom tans onder selfs groter druk moet werk en Eskom se loonaanbiedings tot dusver ’n klap in die gesig was, beklemtoon die vakbond Solidariteit dat sy lede nie aan enige onwettige stakings sal deelneem nie.
Huishulp dood aangetref in werkgewer se huis
‘n 30-jarige huishulp is Donderdagaand dood aangetref in haar werkgewer se huis in Glenvista, suid van Johannesburg.
Eskom: Voorafbetaalde-elektrisiteitstelsel tydelik buite werking
Eskom se voorafbetaalde-elektrisiteitstelsel sal van Sondagaand tot Maandagoggend nie beskikbaar wees nie weens ‘n opgradering aan die stelsel.
Biltong-‘diewe’ vasgetrek
Twee mans is glo gevang toe hulle biltong van meer as R900 van ‘n slaghuis in Petrusburg in die Vrystaat gesteel het.
Video: Coca-Cola-advertensie verbied
Owerhede in Brittanje het ‘n Coca-Cola-advertensie verbied omdat dit kykers glo mislei oor hoe maklik dit is om die kalorieë in ‘n blikkie Coke te verbrand.
Beamptes van binnelandse sake vas vir diefstal
Twee beamptes van binnelandse sake is Vrydag vir diefstal in Pretoria aangekeer.
Glynnis Breytenbach se saak afgekeur
Glynnis Breytenbach, aanklaer van die nasionale vervolgingsgesag, se aansoek om in haar pos heraangestel te word, is Vrydag in die arbeidshof in Johannesburg afgekeur.
Mandela glo “vasbeslote” om ontslaan te word
Voormalige president Nelson Mandela se dogter, Zindzi Mandela, het gesê haar pa is vasbeslote om ontslaan te word uit die hospitaal en terug te keer huis toe.
Mangaung-verregse glo ontoerekeningsvatbaar
Een van die vier verregses, wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om ANC-lede te vermoor, is glo nie geskik om strafregtelik vervolg te word nie.
Slegte nuus vir motoriste
Motoriste kan dalk slegte nuus te wagte wees wanneer die brandstofpryse vir Augustus aangekondig word.
Spanjaard sterf na hy bierdrinkwedstryd wen
Met die trofee omhoog buite die kuierplek waar hy pas ‘n bierdrinkwedstryd gewen het, het die Spanjaard Joaquín Alcaraz Gracia, skielik siek geword, en ineengestort.
Nóg ʼn Deon Meyer verhaal op die grootskerm
Alles Wat Mal Is, is ʼn nuwe Afrikaanse rolprent gebaseer op Deon Meyer se kortverhaal Helena se verhaal.
Vroue vry ná verstandelik gestremde nie kon getuig oor verkragting
Twee vroue wat daarvan beskuldig is dat hulle twee 17-jarige verstandelik gestremde seuns verkrag en seksueel aangerand het, is in die Protea-landdroshof vrygespreek, het The Star Vrydag berig.
15-jarige skolier brand erg ná motorfietsongeluk
Joggie Theron (15) is steeds in ’n kritieke toestand in Garden City-hospitaal in Johannesburg nadat hy 70% brandwonde aan sy lyf opgedoen het na ’n ongeluk met sy motorfiets.
Video: Egpaar se huis per ongeluk gesloop
David Underwood en sy vrou wou die afgelope naweek hul huis in Fort Worth, Texas, besoek, toe hulle besef die huis is per ongeluk verkeerdelik gesloop.
Aartappel-en-speksosatie
Smullekker bykos-idee saam die naweek se braai!