Voormalige president Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het Maandag gesê sy oupa word “al hoe sterker”.
Alles vir Maandag 22 Julie 2013
Jong pa sterf ná jagongeluk
JP Kleingeld (24) is Maandagoggend oorlede nadat hy tydens ʼn jagtog per ongeluk geskiet is.
Goeie nuus vir Kurt Darren
Kurt Darren, wat op 7 Julie ernstig beseer is in ʼn motorongeluk in Pretoria, het Maandagoggend goeie nuus van die dokters af ontvang.
Nóg ‘n grusame vonds in Cleveland, Ohio
Die liggame van drie vroue, wat in plastieksakke toegedraai is, is in Cleveland, Ohio, opgepoor.
Konstruksiemaatskappye dalk verbied om te tender
Die konstruksiebedryfontwikkelingsraad (CIDB) sal bepaal of maatskappye, wat knoeiery met tenders erken het, voortaan gediskwalifiseer moet word van staatstenders.
AfriForum appelleer teen nuwe PTA-mynontwikkeling
AfriForum het ʼn appèl ingedien teen die beoogde mynontwikkeling in Doornpoort, Pretoria.
Nuuskommentaar: Nasionale Ontwikkelingsplan – vriend of vyand?
Met die bekendmaking van die Nasionale Ontwikkelingsplan, en latere aanvaarding daarvan by die ANC se Mangaung-kongres in Bloemfontein, is die lofliedere daaroor omtrént gesing.
DG ontduik balju glo voortdurend
Die direkteur-generaal (DG) van die departement van openbare werke, Mziwonke Dlabantu, ontduik steeds die balju van Pretoria-Wes met betrekking tot die betekening van ‘n hofbevel wat AfriForum vroeër teen die departement gekry het om sekere inligting aan AfriForum beskikbaar te stel.
Kleuters dood nadat hulle “suiker” inkry
Twee kleuters is oor die naweek in Kaapstad dood nadat hulle gif, wat vir suiker aangesien is, ingekry het.
Die koninklike baba is op pad!
Kensington-paleis het Maandagoggend aangekondig die hertogin van Cambridge is in die hospitaal opgeneem met vroeë kraampyne.
Chinese lanterns glo gevaarlik
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) doen ʼn beroep op die publiek om nie Chinese lanterns aan die kuslyn vry te laat nie, aangesien dit gereeld vir rooi noodfakkels aangesien word.
Uitdrukking: ‘n Duisendpoot het iemand gebyt
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “‘n duisendpoot het iemand gebyt” wat ons gebruik wanneer iemand aanhoudend lag.
Gedagte vir die dag: Barnabas en Paulus – kom ons besluit om te verskil
‘n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die…
SA’ners trots op Tour de France-wenner
Chris Froome is Sondag as die wenner van die Tour de France aangewys.
Verkragte Noorweegse vrou kry tronkstraf in Dubai
‘n Noorweegse sakevrou wat tydens ‘n sakereis na Dubai verkrag is, is 16 maande gevangenisstraf opgelê weens seks buite die huwelik.
‘Reeksmoordenaar en -verkragter’ vas
ʼn Man wat glo verantwoordelik is vir verskeie moorde en verkragtings in die Tongaat-area in KwaZulu-Natal is Sondag in hegtenis geneem.
Tienerseun vermoor glo pa
ʼn Tienerseun het glo Sondag sy pa met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en sy agtjarige sussie beseer toe sy probeer keer het in Hartbeespoortdam in Noordwes.