Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het Vrydag gesê hy dien nie ‘n “homofobiese God” nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 26 Julie 2013
EFF-ondersteuners skeur ANC-T-hemde
Ondersteuners van die Economic Freedom Fighters (EFF) het Vrydag by die Universiteit van Johannesburg se Doornfontein-kampus ANC-T-hemde geskeur.
49 aasvoëls vergiftig
Die 49 aasvoëls wat dood aangetref is op ‘n plaas in die Swartberg, KwaZulu-Natal, is vergiftig, het die Endangered Wildlife Trust (EWT) Vrydag gesê.
Pa van twee word vir bedrog gevonnis
Garth le Roux (39), ‘n voormalige rekenmeester van die Wes-Kaap wat vier verskillende metodes gebruik het om sowat R894 689 van Pep Clothing te verduister, sal volgende week op 359 klagtes van bedrog gevonnis word.
Sneltrein-ongeluk: Bestuurder in aanhouding
Die polisie in Spanje het Vrydag bekend gemaak dat hulle die bestuurder van ʼn sneltrein, wat Woensdag ontspoor en tot die dood van minstens 78 mense gelei het, in aanhouding het op aanklag van roekeloosheid.
Musikant Fanie Fouché oorlede
Fanie Fouche (39), sanger, liedjieskrywer en pianis is Vrydagoggend oorlede ná ʼn siekbed in die hospitaal.
Motorfietsryer dood ná ongeluk teen 480km/h
ʼn Motorfietsryer, wat as “die vinnigste man op twee wiele” bekend staan, is Sondag dood nadat hy ʼn ongeluk teen ongeveer 480km/h gemaak het.
Drie vermeende rowers doodgeskiet
Sekuriteitswagte het Vrydag drie mans doodgeskiet nadat hulle glo by ʼn besigheid in Meadowdale aan die Oos-Rand van Johannesburg ingebreek het.
Video: Première van Babalas
Die nuwe Suid-Afrikaanse rolprent Babalas begin op 2 Augustus in teaters draai, met bekendes soos Ian Roberts, Norman Anstey, Jack Parow en Tammy-Anne Fortuin.
Boer dien klag in ná baba na sangoma verwys word
Twee verpleegsters by ʼn plattelandse gesondheidskliniek in KwaZulu-Natal het glo ʼn siek vyf maande oue baba na ʼn sangoma verwys.
NUM ontken Eskom-ooreenkoms
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Vrydag ontken dat hy ʼn loonooreenkoms met Eskom aangegaan het nadat sy sustersvakbond, Numsa, aangevoer het dat die ooreenkoms onderteken is.
Pleitooreenkoms vir Cleveland-ontvoerder; huis word moontlik gesloop
Ariel Castro, ʼn voormalige skoolbusbestuurder wat drie vroue glo vir meer as 10 jaar lank aangehou het, oorweeg tans ʼn pleitooreenkoms waarvolgens hy lewenslange tronkstraf, sonder die moontlikheid vir parool plus 1 000 jaar tronkstraf sal aanvaar.
Reeksverkragter was glo “verkeerdelik” aangekla
Die advokaat wat ʼn vermeende reeksverkragter verteenwoordig wat net voor sy hofsaak selfmoord gepleeg het, het gesê sy kliënt is glo verkeerdelik aangekla, berig EWN.
Krejcir se winkel beroof
Juwele van R3 miljoen is glo drie weke gelede uit Radovan Krejcir se winkel in Johannesburg gesteel, het die Gautengse polisie Vrydag gesê.
Stappers verdrink net ná hul redding
Twee stappers wat eers verdwaal het, is net ná hul redding dood toe hulle tydens ʼn storm met hul motor in die Atlantiese Oseaan beland het.
Video: Vriende by ramparty oortuig hom hy gaan ‘bungee’
Oivin Vabo, ʼn voornemende bruidegom, se vriende het hom by sy ramparty oortuig dat hy – geblinddoek – met ʼn reksprong van ʼn ou brug gaan afspring.
Uitdrukking: Tot die bitter einde toe
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Tot die bitter einde toe’.
Dwelmklag teen Kaapstad-onnie
Graeme Carr (38), ʼn onderwyser van Kaapstad, het Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag dat hy glo 120 daggaplante in sy besit gehad het
Midvaal-burgemeester bedank
Timothy Nast, DA-burgemeester van Midvaal, het bedank, het die party Vrydag gesê.
ANC swyg oor nie-betaling
Die ANC wou Vrydag nie kommentaar lewer oor ʼn berig dat hy sukkel om ʼn diensverskaffer te betaal nie.