John Frederick Coetzee, Fareez Allie en Achmat Toffa wat van die moord op nagklubeienaar Bruno Bronn beskuldig word, het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Lees meerAlles vir Maandag 29 Julie 2013
Mandela vs. Sexwale-saak geskrap
ʼn Hofaansoek vir die verwydering van trustees deur voormalige president Nelson Mandela se kinders is van die hofrol geskrap, het die regsfirma Norton Rose Fulbright Maandag gesê.
Man in hof wat Kaapse tiener glo vermoor, in stukke opkap
Johannes Christiaan de Jager (48) wat van die moord op ʼn tienerjarige meisie, Charmaine Mare, verdink word en beskuldig word dat hy haar liggaam in stukke opgesny het, se saak is Maandag in die Blue Downs-streekshof uitgestel.
Pa en seun dood ná sneeustorting in Pakistan
ʼn Pa en seun van Nieu-Seeland word vermis ná ʼn sneeustorting op die wêreld se tweede hoogste bergpiek, K2, in Pakistan.
Hier is BMW se elektriese motor
BMW AG spog met sy produksiemodel van die nuwe i3 elektriese kompakmotor wat van koolstofvesel gemaak is om die gewig so lig as moontlik te hou en bestuursvermoë te verbeter.
Trokdrywer skuldig vir ongeluk wat 19 eis
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het die skuld van ʼn noodlottige treinongeluk naby Faure in Kaapstad op ʼn vragmotorbestuurder, Gert Zeelie, geplaas wat glo die spoorlyn wou oorsteek.
DA se Jack Bloom het sy oog op premierspos
Jack Bloom, leier van die DA in Gauteng, sal volgende jaar tydens die verkiesing homself beskikbaar stel vir die pos van die premier in dié provinsie.
Vyf vas ná gesin verkool
Vyf mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn huis naby Eshowe in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek het en vyf mense verkool het.
Mans en vroue gaan saal deel by Weskoppies
Vroulike pasiënte wat in saal 26 van Weskoppies in Pretoria gehuisves word, is ontsteld nadat hulle nuus ontvang het dat mans ook binnekort in dié saal opgeneem gaan word.
Verkragting-klag teen Vavi glo laat vaar
Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, het Maandag op die sosiale platform Twitter gesê die vrou wat beweer hy het haar verkrag, het die aantygings teen hom teruggetrek.
Video: Hoe ry dié trein?
Vir ’n groep stoomtrein-entoesiaste van die Goudstad kan selfs die Gautrein nie by ’n outydse lokomotief kers vashou nie.
Tiener van Welkom vermis
Die polisie van Welkom in die Vrystaat is op soek Geraldine van der Merwe (18) wat Maandag vermis geraak het.
Vrou se lyk in waterpyp opgespoor
Claudi van der Merwe (33) se liggaam is oor die naweek in ʼn waterpyp aangetref op ʼn plaas in Breyten, Mpumalanga.
Charlize Theron takel Vigs-kwessie in PTA
Die bekroonde Oscar-wenner, Charlize Theron, het Maandag met president Jacob Zuma vergader in ʼn poging om MIV/Vigs in die land te beveg.
Griekse monnike bestook balju met klippe, petrolbomme
Owerhede in Griekeland het gesê monnike van die klooster op berg Athos, wat uitsetting in die gesig staar, het die balju Maandagoggend met klippe en petrolbomme bestook.
Prinshof-skool bied ‘n soiree aan
Prinshofskool vir gesiggestremdes bied op 1 Augustus 2013 ‘n soiree aan by die Musaion, Universiteit Pretoria.
Solidariteit vs. die DKD: Regering weerspreek homself oor regstellende aksie
Die vakbond Solidariteit het Maandag met die hervatting van sy regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die arbeidshof in Kaapstad uitgewys dat die regering homself weerspreek oor die konsep van absolute rasseverteenwoordiging.
Maroela Media Top 20 – 29 Julie 2013
Dis hoe ons rol – Jay Tyd om te lewe – Riana Nel Wat geld nie kan koop nie – Bobby van Jaarsveld Dans my…
Bloem-tiener doodgesteek
ʼn 19-jarige tiener van Bloemfontein is Saterdag met ʼn skerp voorwerp doodgesteek nadat hy hom teen ʼn groep mans, wat sy beursie en selfoon wou steel, verset het.
Onwettige myners sterf naby Brakpan
Vier onwettige mynwerkers is dood en 11 beseer tydens ʼn skermutseling by ʼn mynskag in Brakpan-Noord.