ʼn Sakeman van Pretoria is Maandagoggend glo deur drie vermeende rowers van ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof toe hy die Mall@Reds-winkelsentrum moes ontruim ná ʼn bomdreigement.
Alles vir Maandag 29 Julie 2013
Uittreksel uit “Vuilspel” deur Bettina Wyngaard
‘n Uittreksel uit Bettina Wyngaard se spanningsverhaal, “Vuilspel”
Mpumalanga-paaie eis 10
Tien mense is dood en ses is beseer in twee afsonderlike ongelukke in Mpumalanga oor die naweek.
Tlokwe: ANC verloor hofaansoek
Die hooggeregshof in Pretoria het pas ʼn aansoek van die ANC, om ʼn vergadering, waar die voormalige burgemeester van Tlokwe ontsetel is, ongeldig te verklaar, van die hand gewys.
Nuuskommentaar: Om oor rôjiltie te dooi
Politieke Wetenskaplikes is redelik uitgeboul oor hoekom daar so ‘n euforie, nie net in Brittanje en Suid-Afrika nie, oor die geboorte van die Britse kroonprins was nie, maar ook in die VSA.
Zim-verkiesing: Beampte vas nadat hy asblik-stembriewe aanmeld
Die polisie in Zimbabwe het Sondag een van Morgan Tsvangirai se assistente in hegtenis geneem nadat hy ʼn onreëlmatigheid in die vroeë stem aangemeld het.
Twee polisiemanne in Kaapstad vermoor
Twee polisiebeamptes is Sondag in twee afsonderlike voorvalle in Kaapstad doodgeskiet.
Boer dagvaar ná hy in riool-mangat val
Hendrik Odendaal, ʼn 33-jarige boer van Lesley in Mpumalanga, dagvaar die Govan Mbeki-munisipaliteit vir R255 000 nadat hy glo in 2009 in ʼn mangat vol onder andere uitskot en gebruikte kondome geval het, het Beeld Maandag berig.
Tlokwe hoor vandag dalk oor burgemeester
Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Maandag uitspraak lewer of die ontseteling van die voormalige burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom), Maphetle Maphetle, ongeldig was.
Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die DKD hervat
Die vakbond Solidariteit se saak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) se omstrede regstellendeaksieplan hervat Maandag in die arbeidshof in Kaapstad.
Bejaarde teen meer as 200km/h vasgetrek
ʼn 68-jarige man is teen 201km/h vasgetrek op die N1 naby die Rivonia-afrit.
Polisie betaal dalk van Selebi se regskostes
Die ministerie van polisie het ontken dat Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, ‘spesiale behandeling’ sal ontvang rakende die R17,4 miljoen wat hy in regskostes skuld, berig City Press.
Twee sterf in Potch-ongeluk
Twee mense is dood nadat ʼn bakkie Sondag in Potchefstroom in Noordwes omgeslaan het.