ʼn Vermeende dronkbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy vroeg Woensdagoggend teen die agterkant van ʼn metropolisievoertuig in Roodepoort, Johannesburg, vasgery het.
Alles vir die maand Julie 2013
Zim-kiesers staan vier ure lank in die koue om te stem
Die stembusse in Zimbabwe het Woensdagoggend om 07:00 oopgemaak met sommige kiesers wat vir langer as vier ure in snerpende koue in rye begin staan het om hul kruisies te trek.
Uitdrukking: Deur die wind wees
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Deur die wind wees’.
Gedagte vir die dag: Bybelse diensbaarheid
As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die…
Grootste Njala-bul behaal rekordprys in Limpopo
’n Njala-bul wat die glo die grootste in die wêreld is, is oor die naweek tydens ʼn wildveiling by die Oljaco Wildhandelaars in Vaalwater, Limpopo, vir R1,65 miljoen verkoop.
Nuuskommentaar: Oë op Zimbabwe
Die oë van die wêreld is nou op Zimbabwe waar vandag na die stembus opgeruk word, maar die aandag is veral op die volgende vyf dae wanneer die uitslae afgewag gaan word.
Weermaglid ʼn beskuldigde in Jhb-polisiehoof se moordsaak
Een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle genl.maj. Tirhani Maswanganyi (51), Johannesburgse polisiehoof, vermoor het, is ʼn lid van die weermag.
Soldate vas na rooftog
Twee soldate is in hegtenis geneem nadat ʼn snoepwinkel in Viljoenskroon in die Vrystaat beroof is.
Polisieman verkrag glo eksvrou
ʼn Polisiebeampte van die Paarl in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksvrou verkrag het.
Video: Speelgoed lei tot gesin se bankrotskap
Chris Robinson en sy familie het in die vroeë 90s sowat $100 000 (bykans R1 miljoen) aan Beanie Babies spandeer in die hoop dat dié versameling eendag genoeg werd sal wees om vyf kinders tersiêre onderrig te bied.
Vrou moet R4 miljoen aan Kapenaar terugbetaal
Kateryna Karpovska van Oekraïene wat ‘n bejaarde man glo oorreed het om R4 miljoen by die bank in Oekraïene te belê, maar toe die geld vir haarself gehou het, is Woensdag deur die Bellville gespesialiseerde misdaadhof sewe maande gegun om die geld terug te betaal of tronkstraf in die gesig te staar.
Zuma kry slim ID
President Jacob Zuma het Dinsdag in Pretoria sy slim ID-kaart van die departement van binnelandse sake ontvang.
Mugabe onderneem om “oor te gee”
Robert Mugabe, president van Zimbabwe, het Dinsdag onderneem om uit te tree indien hy Woensdag die verkiesing verloor.
Dokter verander getuienis in fiksheid-saak
Dr. Carolyn Lee wat vroeër getuig het dat drie mense weens hitte-uitputting dood is terwyl hulle aan ‘n fiksheidstoets by die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat (RTI) deelgeneem het, het Dinsdag haar getuienis verander.
Video: Charlize Theron bemoedig jongmense
Die Suid-Afrikaans gebore aktrise en Oscar-wenner Charlize Theron het Maandag in Pretoria samesprekings met president Jacob Zuma gehou oor die vordering in die stryd teen MIV en Vigs.
“Uit met rasseteikens, in met opleiding en ontwikkeling,” sê Solidariteit
ʼn Alternatiewe, insetgebaseerde model vir regstellende aksie wat fokus op opleiding en ontwikkeling is vandag deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, bekendgestel.
‘Rower’ tydens huisbraak geskiet
ʼn Vermeende rower veg om sy lewe in ʼn hospitaal in Richardsbaai in KwaZulu-Natal nadat hy Maandagaand tydens ʼn huisbraak geskiet is.
Video: DKD sê sy keurpanele hou nie by indiensnemingsteikens nie
Die departement van korrektiewe dienste het Maandag toegegee dat sy eie keurpanele wat vir aanstellings verantwoordelik is, die oorsaak is vir sy arbeidshofgeding met van sy werknemers.
Ikey-student val na haar dood op 21ste verjaardag
Rosa Carlyle-Mitchell, ʼn dramastudent aan die Universiteit van Kaapstad, is Sondagaand dood nadat sy tydens haar verjaarsdagvieringe na haar dood geval het, het die polisie Dinsdag aan Maroela Media bevestig.
Maroela Media vier tweede verjaarsdag, deel merkwaardige mylpale
Die gratis Afrikaanse nuuswebwerf, Maroela Media, wat ook as die lekkerste kuierplek op die internet bekend staan, vier vandeesweek sy tweede verjaarsdag met besondere mylpale wat in dié kort tydjie behaal is.