‘n Egpaar is dood en hul eenjarige ernstig beseer toe hul kabelkarretjie in Switzerland ontspoor het.
Lees meerAlles vir Sondag 4 Augustus 2013
Terdoodveroordeelde pleeg selfmoord
‘n Moordenaar wat Woensdag in Ohio, Amerika tereggestel sou word, is Sondag dood aangetref in sy sel.
Rokers moet aansoek doen vir lisensies
Kanker-kenners in Australië wil glo lisensies uitreik vir rokers.
Australië wil Zim-verkiesing herhaal; Brittanje betwyfel uitslag
Brittanje en Australië het Saterdag ernstige twyfel uitgespreek oor die geloofwaardigheid van Zimbabwe se verkiesingsuitslag nadat pres. Robert Mugabe ‘n wegholsukses behaal het.
Bejaarde boer keer vermeende dief aan; skiet hom in die arm
‘n Boer het ‘n vermeende rower op sy plaas naby Kirkwood in die Oos-Kaap aangekeer, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê
Zuma wens Mugabe geluk
President Jacob Zuma het Robert Mugabe Sondag gelukgewens met sy herverkiesing as president van Zimbabwe.
KZN mors glo miljoene op jazz-fees
Die regering in KwaZulu-Natal het R28 miljoen vir ‘n jazz-musiekfees in Durban betaal wat nooit plaasgevind het nie
Beloning aangebied vir inligting oor Kaapse polisiemanne se dood
‘n Beloning van R50 000 word aangebied vir inligting wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die moordenaars van Wes-Kaapse polisiebeamptes kan lei, het die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid Sondag gesê.
Solidariteit vra vir parlementêre debat oor regstellende aksie
Die vakbond Solidariteit het vandag bekendgemaak dat die IVP, DA en Vryheidsfront Plus reeds te kenne gee het dat hulle ʼn parlementêre debat oor die toepassing van regstellende aksie steun en ʼn mosie in die verband sal indien.
William vertel meer oor vaderskap
Prins William het gaste by ‘n polo-byeenkoms vir liefdadigheid bietjie meer vertel van sy splinternuwe vaderskappligte.
Klein pratende robot as metgesel na ruimtestasie gestuur
Japan het Sondag ‘n vuurpyl met voorraad vir die bemanning van die internasionale ruimtestasie, tesame met ‘n klein robot wat as ‘n reisgenoot vir een van die land se ruimtevaarders sal dien, lanseer.
Tweederde-meerderheid vir Mugabe se Zanu-PF
Volgens die uitslag van die verkiesing in Zimbabwe wat Saterdag bekend gemaak is, het pres. Robert Mugabe se Zanu-PF-party ‘n tweederde-meerderheid gewen.
Amerika bevraagteken Zim-uitslag
Die Verenigde State van Amerika het Saterdag die verkiesing in Zimbabwe as “baie gebrekkig” beskryf en gesê die uitslag wat aantoon dat pres. Robert Mugabe tot ‘n sewende termyn verkies is, nie geloofwaardig is nie.
Een dood oor ‘n pot pap
‘n 31-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vriend vermoor het, is in Tseki naby Phuthaditjhaba in die Vrystaat in hegtenis geneem.