Amerikaanse president Barack Obama en top nasionale veiligheidsbeamptes het oor die naweek in die Withuis vergader om dreigemente van terreuraanvalle in Augustus te bespreek, berig Fox News.
Alles vir Maandag 5 Augustus 2013
JHB wil Mandela se krag afsny
ʼn Kennisgewing is oor die naweek by oud-pres. Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, afgelewer wat dreig om sy munisipale dienste af te sny indien uitstaande skuld nie vereffen word nie.
Nuuskommentaar: Piet Croucamp en die Afrikaner
Dr. Piet Croucamp se deelname aan Maroela Media se Groot Debat onder die opskrif, Dáárom is ek geen Afrikaner nie, het besonder baie reaksie ontlok. Lees meer hoekom…
Warm debat vandag verwag in regstellendeaksiesaak teen die DKD
Die 13de en moontlik laaste dag van die regstellendeaksiesaak oor die departement van korrektiewe dienste (DKD) se omstrede regstellendeaksieplan gaan Maandag om 10:00 in die arbeidshof in Kaapstad begin.
Voormalige persklub-president sterf
Patrick Hlahla, ʼn voormalige president van die Nasionale Persklub in Pretoria, is Sondagoggend by sy huis in Atteridgeville in Pretoria glo weens ʼn hartaanval in die ouderdom van 58 oorlede.
Suidkus-ongeluk eis vier
Vier mense is Sondagmiddag dood nadat twee voertuie op die N2-deurpad aan die KwaZulu-Natalse suidkus gebots het, en een van die voertuie daarna aan die brand geslaan het.
Gedagte vir die dag: Die koste van diensbaarheid
“Julle weet nie wat julle vra nie,” sê Jesus vir hulle. “Kan julle die lydensbeker drink wat Ek drink, of met die doop gedoop word…
Vier dood in botsing
Vier mense is Sondagaand dood nadat ʼn afleweringsvoertuig en ʼn motor reg van voor gebots het op die N8 naby Botshabelo in die Vrystaat.
Skeidsregters vas voor wedstryd
Die afskopwedstryd van die Absa-premierliga (PSL) tussen Platinum Stars en Bidvest Wits is Sondag vertraag nadat die skeidsregters voor die wedstryd in hegtenis geneem is.
Span soek reeksverkragter en -moordenaar
Die nasionale polisiehoof het ʼn span speurders aangestel om na ʼn reeksverkragter en -moordenaar wat glo in Pretoria bedrywig is, te soek.