Die Griekwas het vroeg reeds hul stempel in vanjaar se Curriebeker Premierliga afgedruk toe hulle die Haaie in Durban net-net met 32-30 geklop het.
Lees meerAlles vir Vrydag 9 Augustus 2013
Video: Kouefront bring sneeukombers
Die kouefront wat die suide van die land dié week getref het, het reeds tot bittere koue en selfs sneeu en swaar reën gelei.
Arende wen riller in Potch
Die SWD Arende het Vrydagaand die tweede plek in die Curriebeker se Eersteliga ingeneem met ’n naelskraapse oorwinning van 50-47 oor die Luiperds in Potchefstroom.
SA verkoop miljarde rande se wapens
Suid-Afrika het die afgelope paar maande meer as R1,7 miljard se wapens aan verskeie lande verkoop.
Koebaai Super15, hallo Curriebeker!
Suid-Afrika se pyn en verspeelde kanse in die Super 15 is nou al vergete soos wat die 124-jarige Curriebeker hierdie naweek volwaardige momentum met die aanvang van die premierafdeling kry.
Nuuskommentaar: Vrouedag op koers?
Op 16 Desember vanjaar sal dit presies 100 jaar wees sedert die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein onthul is. Bykans 30 000 vroue en kinders is in die Anglo-Boere-oorlog dood, baie van hulle in konsentrasiekampe.
Onderwyser geskors oor leerling se ‘ring’
ʼn Onderwyser van Pretoria wat ʼn leerling geneem het om ʼn penisring te kry kan moontlik strafregtelik aangekla word.
Kaapse man ʼn ‘gevaar’ vir jong meisies
ʼn Bejaarde man wat tereg staan op verskeie aanklagte van seksuele misdrywe is ʼn gevaar vir jong meisies wat in armoede leef, het die Goodwood-distrikshof in Kaapstad gehoor.
Die Croucamp-artikel: Soet, suur en die kômmintaar
Herman Toerien ontleed dr. Piet Croucamp se onlangse artikel op die Groot Debat, sowel as die kommentaar daarop.
Lewenslank vir verkragter
ʼn Man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy stiefdogter verkrag het.
Cheetahs is die vroeë gunstelinge in 2013 se Curriebekerreeks
’n Interessante tendens het die afgelope ses jaar in die Curriebekerreeks plaasgevind.
Vrou eis na honde-aanval
ʼn 79-jarige vrou dagvaar ʼn egpaar van Noordwes nadat sy vier jaar gelede deur hulle honde aangeval is.
Vervalste polisiemotor op beslag gelê
Die polisie het op ʼn vervalste blitspatrollie-motor wat glo by meer as 35 misdade in en om Johannesburg betrokke was, beslag gelê.
Twee mans, vrou vas oor dwelms
Twee mans en ʼn vrou is tussen Keiskammahoek en Port Elizabeth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat daar dwelms in hul besit gevind is.
Bruidegom brand trousaal af
ʼn Bruidegom het ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek nadat hulle glo nie sy troue wou aanbied nie weens uitstaande fooie.