Die staat maak glo gereed om ‘n akte van beskuldiging teen Oscar Pistorius te lê voor sy hofverskyning volgende week, berig Eyewitness News.
Lees meerAlles vir Maandag 12 Augustus 2013
Kaalbas-kletsers afgepers
ʼn Handjievol internetgebruikers in Nieu-Seeland word afgepers nadat hulle kaalbas aan ʼn geselssessie met swendelaars oorsee deelgeneem het.
Kwadrupleeg-swemmer se rolstoel gesteel
Philippe Croizon (45), ʼn kwadrupleeg wat verlede jaar tussen die wêreld se vyf kontinente geswem het, se elektriese rolstoel is gesteel.
Video: Disney World-gebou deur sinkgat “ingesluk”
Een gebou naby Disney World in Florida, Amerika, sak al hoe dieper in die grond weg en ʼn ander gebou het reeds weens ʼn sinkgat in die omgewing ineengestort.
Blou babakamer vir Karlien en Derick
Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar rugbyspeler-man, Derick Hougaard, wat onlangs ʼn dubbele verrassing gekry toe hulle die ginekoloog vir hul swangerskap-sonar besoek het, het Maandag uitgevind dit is twee seuns.
Onwettige wapens in KZN opgespoor
Twee mans, albei in hul dertigs, is Sondag in hegtenis geneem nadat ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in hul besit gevind is.
Polisieman vas oor prostituut-verkragting
ʼn Wes-Kaapse polisiebeampte het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn nadat hy vermoedelik ʼn prostituut verkrag het.
Kaapse sopraan wen ATKV-sangkompetisie
Caroline Modiba (27) is Saterdagaand tydens ‘n glansgeleentheid in Oudtshoorn aangewys as die algehele wenner van die nasionale klassiekesangkompetisie, ATKV-Muziqanto.
Vlieëniers sien vreemde vorm in mielieland
Twee vlieëniers van die Wes-Rand in Gauteng beweer hulle het Sondag ʼn vorm in ʼn mielieland gesien “wat nie deur mense gemaak kon word nie”.
SANDU dring aan op oortydbetaling
Die vakbond van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Sandu, dring daarop aan dat die departement van verdediging oortyd aan sy lede van die presidensiële beskermingseenheid betaal.
Twee ‘krokodilsmouse’ vas
Twee verdagtes is Sondag by ʼn huis naby Polokwane in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle krokodille aan inwoners verkoop het.
Gestrande skip binnekort verwyder
Pogings om die vragskip, Kiani Satu, wat Donderdag aan die kus by Knysna gestrand het te verwyder, sal na verwagting Dinsdag begin.
Vir jou gemaak – Adam
Hierdie album is ‘n bewys dat jy kommersieel kan wees sonder om musikale integriteit in te boet, en daarom kan dit baie sterk aanbeveel word.
Bekendes treur saam Waldemar Schultz en Ira oor seun se dood
Huldeblyke en boodskappe van ondersteuning stroom in vir Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, en sy vrou Ira Blanckenberg, oftewel Erika Landsberg ook van 7de Laan, nadat hul 14-jarige seun, Kieran, die naweek per ongeluk na sy dood geval het.
Vuurdanser steek homself aan die brand
ʼn Vuurdanser het oor die naweek tydens ʼn optrede by ʼn partytjie in Knysna homself aan die brand gesteek.
Plaasmoord: Boer op KZN-plaas doodgeskiet
Timothy Green, ʼn 44-jarige boer, is Sondag deur ʼn onbekende hoeveelheid aanvallers op sy plaas, Mellon Green, naby Chelmsforddam naby Newcastle doodgeskiet.
Mango pos bemanning oor kos
Mango, die laekoste-lugredery, het 24 kajuitbemanningslede die trekpas gegee weens bedrog oor kos, het Business Day Maandag berig.
Nuuskommentaar: “Derde Wêreldoorlog”
Verlede week is die kernbom-aanvalle op eers Hirosjima, en daarna op Nagasaki herdenk – iets wat maar min aandag in Suid-Afrika geniet het.
“Polisie net soos in apartheidsjare”
Die optrede van die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het grootliks onveranderd gebly sedert die apartheidsjare, het Zac Yacoob, ʼn voormalige regter van die konstitusionele hof, oor die naweek gesê.
Baba veg om lewe ná ongeluk in Heidelberg
Drie mense is dood en elf beseer, waaronder drie kritiek, nadat ʼn voertuig en ʼn minibustaxi Sondagaand naby Heidelberg in Gauteng gebots het.