Die polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn plaaslike sepie-aktrise om hulle by te staan in ʼn bedrogsaak, het kapt. Stephen Thakeng, Dinsdag gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 13 Augustus 2013
SANW kort glo meer vroue
Vroue moet aangemoedig word om by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aan te sluit, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, Dinsdag gesê.
Drie vas ná plaasmoord
Drie mans is Dinsdagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Timothy Green.
Verkragte baba van Ceres sterk aan
ʼn Vier maandeoue baba sterk in die hospitaal aan nadat sy ʼn vierde operasie moes ondergaan sedert sy in Ceres in die Wes-Kaap verkrag is.
Onbekende skedel kry nuwe gesig
Gesigsrekonstruksie is op ʼn menslike geraamte, wat verlede jaar deur ʼn visserman naby Klippan-dam in Welkom in die Vrystaat opgespoor is, gedoen.
Kwadrupleeg kry gesteelde rolstoel terug
Philippe Croizon, ʼn kwadrupleeg en bekende swemmer, gaan met sy elektriese rolstoel herenig word nadat dit oor die naweek gesteel is.
Dokter steel glo dwelms uit pasiënt se maag
Die polisie in Rusland het ʼn dokter in hegtenis geneem nadat hy glo heroïen uit ʼn pasiënt se maag gesteel het.
Video: Vyfde vervoermetode bekend gestel
Die tegnologie-entrepreneur, Elon Musk, het Dinsdag ‘n “vyfde vervoermetode” onthul wat as die Hyperloop bekend sal staan en reisigers binne 35 minute tussen Los Angeles en San Francisco kan vervoer.
Slegs 2,5% van munisipaliteite het skoon ouditverslae
Terence Nombembe, die Ouditeur-Generaal (OG), het Dinsdag ʼn ouditverslag vrygestel wat aandui dat slegs 5% van plaaslike regeringsinstellings ‘n skoon oudit vir die laaste drie jaar gekry het.
Polisie lê beslag op wapens by Lonmin-koshuise
Die polisie van Noordwes het Dinsdag op verskeie handgemaakte wapens beslag gelê by twee van Lonmin Platinum se mynkoshuise.
Video: Skokkende bevindings oor rivierwater
‘n Studie oor die gehalte van Suid-Afrika se rivierwater het tot skokkende bevindings gelei.
Bloem-bruidegom skuldig aan brandstigting
Jean Greyling (28), ʼn bruidegom van Bloemfontein wat ʼn saal by ʼn landgoed aan die brand gesteek het nadat hulle sy troue gekanselleer het, is Maandag skuldig bevind aan brandstigting, het Volksblad Dinsdag berig.
Tjoekie-foefie: Dít was Jack Parow se “iets groots”
Die kletsrymer Jack Parow se publisiteitsfoefie oor sy inhegtenisneming het nie almal die afgelope naweek by die Oppikoppi-musiekfees geflous nie.
“Wreedste moord in Oranjeville ooit”
Vivien Ponté (57) is Sondagaand wreed in haar huis in Oranjeville in die Vrystaat aangeval.
Twee soek ná George-vrou se verkragting
Die Wes-Kaapse polisie is op soek na twee mans wat Maandagmiddag glo ʼn 36-jarige vrou by haar huis in George beroof en verkrag het.
Yengeni word glo nie geteiken
Owerhede van die DA-beheerde stad Kaapstad ontken dat hulle Tony Yengeni, die nasionale uitvoerende komiteelid van die ANC, “teiken” nadat hy Sondagaand glo weens dronkbestuur in hegtenis geneem is.
AfriForum ondersoek Vrystaat se R120 miljoen-webwerf
AfriForum gaan die Vrystaat-regering se opspraakwekkende webwerftender van miljoene rande deur ʼn onafhanklike kenner laat ondersoek.
Foto’s: Suksesvolle reddingspoging by Robbeneiland
Twaalf mense is Dinsdagoggend in die vroeë oggendure gered nadat hul visboot te midde van rowwe seetoestande by Robbeneiland op die rotse beland het.
Nuuskommentaar: Terreur van die “internetgwarre”
Die onlangse bydrae van dr. Piet Croucamp tot Maroela Media se Groot Debat het ‘n stroom reaksie ontlok. Byna voorspelbaar het ‘n deel van die kommentare, of eerder, kômmintare, juis die stereotipes wat Croucamp geskets het, “bevestig.”
Seun verkool glo weens verwarmer
ʼn 11-jarige seun van Johannesburg het Dinsdagoggend in ʼn huisbrand verkool.