Lisa Robin Kelly, voormalige aktrise van That ’70s Show is Woensdag in die ouderdom van 43 oorlede.
Lees meerAlles vir Vrydag 16 Augustus 2013
“Julle het onskuldige bloed op julle hande”
Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF) het Vrydag gesê platinumreus Lonmin en pres. Jacob Zuma is verantwoordelik vir die afsterwe van mynwerkers by Marikana in 2012.
NVG swyg oor Oscar-aanklagte
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou Vrydag nie kommentaar lewer oor berigte dat Oscar Pistorius twee nuwe aanklagte in die gesig staar nadat hy glo ‘n vuurwapen op ‘n roekelose manier in ‘n openbare plek gevuur het nie.
Vrou dood toe boom op kar val
‘n Vrou is Vrydag in Roodepoort, wes van Johannesburg, dood toe ‘n gebrande boom op haar motor geval het.
Elke dogter het ‘n ma
ʼn Plesierige , meesleurende debuutroman oor ʼn eksentrieke familie.
Marikana-herdenking glo kalm
Die Noordwes-polisie het Vrydagmiddag gesê die situasie is kalm waar duisende mense byeengekom het om die Marikana-bloedbad van 16 Augustus 2012 te herdenk.
De Villiers meen die Bokskrum sal staan
André Watson, bestuurder van skeidsregtersake by SA Rugby, sê die reëls rondom die skrum bly dieselfde, dis net die roepreël wat verander.
Jong man vertel van nagmerrie-ervaring met metropolisie
Roberto Strydom (24) van Waterkloofrif in Pretoria, gaan Vrydag ʼn klag teen die Johannesburgse metropolisie indien nadat hulle hom Donderdagmiddag glo aangerand en beroof het.
Video: Hoe oud is jou ore?
Mitchell Moffit en Gregory Brown van AsapSCIENCE het dié vinnige toets opgestel wat bepaal hoe “oud” jou ore is, gebaseer op die frekwensie wat jy kan hoor.
“Rambo Squad” van Ficksburg word ondersoek
Beweerde klagtes van aanranding deur polisiebeamptes van die Ficksburg-polisiestasie gaan deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek word.
Drie lyke uit duikboot verwyder
Duikers in Indië het die liggame van drie van die 18 bemanningslede uit ‘n Indiese duikboot, wat in sy basis in Moembai deur twee ontploffings geskud is, verwyder.
Foto’s: Nieu-Seeland geskud en geskud
Die aardbewing van 6,5 op die momentmagnitudeskaal wat Nieu-Seeland Vrydagoggend geskud het, is reeds deur sowat 11 betreklike sterk naskokke gevolg. Krag- en telefoononderbrekings het voorgekom, en rotsblokke is glo ook losgeruk.
Lank gesoekte Brits-‘reeksverkragter’ aangekeer
Boas Jacob Kgatlhane (32) het Donderdag vir die eerste keer in die Brits-landdroshof verskyn in verband met onder andere tien aanklagte van verkragting.
Waldemar Schultz se ode aan sy seun Kieran
Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, het vir die eerste keer sedert sy 14-jarige seun, Kieran, Saterdag by ʼn uitkykpunt in Hermanus gegly en geval het, oor sy seun op Twitter geskryf.
‘n Jaar later: Marikana se nalatenskap
Solidariteit se Gideon du Plessis ontleed die oorsake van die Marikana-voorval en neem die huidige arbeidsituasie krities in oënskou.
Vier verskyn in hof oor gru-moord in Oranjeville
Vier mans sal na verwagting Vrydag in die Heilbron-landdroshof verskyn in verband met die moord op Vivien Ponté (57) wat Sondagaand wreed in haar huis in Oranjeville in die Vrystaat vermoor is.
Man sterf ná voertuig teen boom bots
ʼn Man is dood en drie ander is beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het Vrydagoggend teen ʼn boom langs ‘n pad naby Durban in KwaZulu-Natal gebots het.
Pistorius gou weer terug in die hof
Steenkamp sou Maandag haar 30ste verjaarsdag gevier het, die dag wat Oscar weer in die hof moet verskyn.
Woord: Denim
Denims word só baie gedra en die woord só baie gebruik dat ons selde wonder waar die woord vandaan kom. Taaltoffie ondersoek vandag die herkoms van die Afrikaanse woord ‘Denim’.
Nuuskommentaar: (Pik + Vavi) x (Marikana + Zuma) = ?
Vandag is die eerste herdenking van die Marikana-skietery wat ‘n hele nuwe hoofstuk in die buitelandse persepsies van die ANC en die land ingelui het, maar die nuustoneel word ook oorheers deur ‘n uitlating oor regstellende aksie deur oud-minister Pik Botha, en Cosatu se Vavi…