Een verdagte is dood en ‘n man en vrou beseer ná ‘n skietery Maandagmiddag in Albertstraat in Westmead, Pinetown, in KwaZulu-Natal.
Lees meerAlles vir Maandag 19 Augustus 2013
Staking in die motorbedryf
Sowat 31 000 Numsa-werkers in die motorbedryf het Maandag begin staak nadat loononderhandelings verlede maand ‘n dooie punt bereik het.
Branderplankryer ernstig beseer ná groot golwe
‘n Branderplankryer het Maandag ernstige beserings opgedoen nadat hy die groot golwe van Mainstrand naby Richardsbaai aangedurf het.
24 gered na nóg ‘n skip strand
Altesaam 24 mense is Maandagmiddag deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gered nadat ‘n skip naby Richardsbaai gestrand het.
Meeste kinders ondersteun lyfstraf
Die meerderheid van jong Suid-Afrikaners glo dit is aanvaarbaar vir ouers om soms vir hul kinders lyfstraf toe te dien, luidens ‘n verslag wat Maandag vrygestel is.
Pistorius-verhoor: Staat het 107 getuies
Die staat gaan na verwagting 107 getuies tydens die moordverhoor van die Paralimpiese en Olimpiese atleet, Oscar Pistorius, roep. Pistorius se klagstaat is Maandag in die Pretoriase landdroshof bekend gemaak.
Eerste persoon ooit wat doodgery is
Bridget Driscoll sal onthou word as die eerste persoon wat ooit deur ʼn voertuig doodgery is.
“Lonmin dwing vakbonde om te staak” sê Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het Maandag aangekondig dat hy ʼn staking by Lonmin oorweeg ten einde sy erkenning by die maatskappy te laat herstel.
Foto: Adv. Barbie kry parool
Cezanne Visser, beter bekend as adv. Barbie, is Maandag op parool vrygelaat.
Video: “Rambo Squad”-slagoffers praat
Twee en ‘n half jaar nadat die betoger Andries Tatane in Ficksburg dood is, beweer inwoners van dié Vrystaatse dorp dat polisielede hulle terroriseer.
Titans kry nuwe borg
Die Titans-krieketspan wat in Pretoria by SuperSport-park gestasioneer is, se nuwe borg is Maandag amptelik bekend gestel.
DA plaas e-tol dokumente onder vergrootglas
Die DA het dokumentasie ontvang oor die implementering van die e-tolstel op Gauteng se hoofweë nadat hulle dit van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) versoek het.
Man se arms byna by fabriek vergruis
ʼn Man wat by ʼn fabriek in KwaZulu-Natal werk, se arms is byna vergruis nadat dit in ʼn masjien, wat karton druk, vasgesit het.
Dogter kom op bejaarde ouers se liggame af
Pikkie en Rina Stassen, albei in hul 70s, se liggame is Maandagoggend deur hul dogter by hul huis in Glen Marais in Kempton Park, Gauteng, aangetref.
SAOG vra dat Zim-sanksies opgehef word
Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het ʼn beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om sanksies teen Zimbabwe op te hef.
Uitdrukking: As die gety verloop, versit ‘n mens die bakens
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die Afrikaanse uitdrukking ‘As die gety verloop, versit ‘n mens jou bakens’.
Pistorius se hofdatum bepaal
Oscar Pistorius se hofdatum vir sy moordverhoor is Maandag tydens sy vlugtige verskyning in die Pretoriase landdroshof bepaal.
Gedagte vir die dag: Die krag van Gods Woord
Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan. Johannes 4:50 Hoe dikwels het jy al in die kerk gesit of jou…
Bomeenheid deursoek Pistorius-hofsaal
Die polisie se bomeenheid het, as ʼn voorsorgmaatreël, die hofsaal waar Oscar Pistorius Maandag verskyn, voor die hofverrigtinge deursoek.
Maroela Media Top 20 – 19 Augustus 2013
Spyt kom te laat- Ricus Nel Dis hoe ons rol- Jay Hande- Karlien van Jaarsveld Ekskuus Oom- Pierre Rossouw Jy het my gevind- Liza Brönner’