Daar was een opvallende weglating uit die staat se lys van 107 getuies in sy saak teen Oscar Pistorius. Pistorius het Maandag vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 Augustus 2013
‘Bylmoord-tiener’ verskyn in hof
‘n 14-jarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy sy familielede met ‘n byl doodgekap het, het Dinsdag in die Daveyton-landdroshof verskyn, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.
Fiksheid: Oorsaak van dood steeds onbekend
‘n Dokter kon glo nie die oorsaak van vier mense, wat aan ‘n fiksheidstoets vir die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat deelgeneem het, bepaal nie, het ‘n Kommissie van Ondersoek Dinsdag gehoor.
Vier mense in kar doodgeskiet
Vier mense is Maandag in ‘n motor in Midrand, Johannesburg, doodgeskiet en ‘n vyfde persoon is gewond, het die polisie in Gauteng Dinsdag gesê.
Goudbedryf: Vakbonde verwerp Kamer van Mynwese se hersiene aanbod
Die vakbond Solidariteit het vandag die Kamer van Mynwese se hersiene salarisaanbod van ’n verhoging van 5,5% vir werknemers in die goudbedryf verwerp.
Man van Lichtenburg vermis
Jak Spence, ʼn 39-jarige man van Lichtenburg in Noordwes, word sedert Dinsdag vermis nadat hy ʼn voertuig in Johannesburg, Gauteng, gaan aflewer het.
Foto’s: Gestrande skip erg beskadig
Die skip, die MC Smart, wat gister naby Richardsbaai gestrand het, is weens rowwe seetoestande erg beskadig.
Foto’s: Eerste gesinsfoto’s van koningsgesin
Die eerste amptelike gesinsfoto’s van die hertog en hertogin van Cambridge, amateurfoto’s wat deur prins George se oupa geneem is, is Dinsdag deur Clarence House aan die wêreld bekend gestel.
Drie “Rambo Squad”-lede vas
Drie polisiekonstabels, wat glo deel is van die sogenaamde “Rabmo Squad”, is in Ficksburg in hegtenis geneem nadat hulle glo inwoners aangerand het, het die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) Dinsdag gesê.
Video: Wat tydens Oscar se hofverskyning gebeur het
Die staat het Maandag sy saak in die Pretoriase landdroshof teen die wêreldberoemde lemnaeler Oscar Pistorius uiteengesit.
Raaisel om soldaat wat in Krugerwildtuin geskiet is
Daar is glo nié op die soldaat geskiet wat gedurende ʼn operasie in die Krugerwildtuin dood is nie, het die SA Nasionale Weermag (SANW) Dinsdag gesê.
Bankkoste stagneer
Hier is 2013 se bankkosteverslag.
Resep: Biltongsop
Heerlik biltongsop resep.
Valke gaan dalk Pippie se fonds ondersoek
Die Valke ondersoek beweringe dat geld, wat aan die brandslagoffer Pippie Kruger se fonds geskenk is, glo verduister word.
Gekoopte leuens
deur Lien Roux-de Jager Dit is die tweede roman waarin Kalli Krynauw die manne se wêreld aandurf en haar klein skoentjies volstaan in ʼn wêreld…
“Gee adv. Barbie ʼn kans”
Cezanne Visser, oftewel adv. Barbie, se advokaat het Dinsdag aan EWN gesê hy glo sy kliënt is gerehabiliteer en het ʼn beroep op almal gedoen om haar ʼn kans te gee.
VSA sal ZIM-sanksies voorwaardelik ophef
Die VSA sal slegs sanksies teen Zimbabwe ophef indien die herverkose president, Robert Mugabe, politieke hervorming implementeer.
Minister Baloyi glo geskuif om bedrog toegesmeer te hou
Dié skuiwing volg nadat AfriForum die afgelope ses maande probeer om bedrog in die Madibeng Munisipaliteit in Brits oop te vlek.
Klankgreep: “Kurt meer kreatief ná ongeluk”
Kurt Darren het nog pyn weens die 11 gebreekte ribbe wat hy tydens ʼn onlangse ernstige ongeluk opgedoen het, maar met sy brein en liedjieskryfvermoëns is daar niks verkeerd nie.
Oscar wil siviele eis teen Reeva se ouers buite hof skik
Oscar Pistorius se regspan probeer om ʼn siviele saak wat deur Reeva Steenkamp se ouers aanhangig gemaak is, buite die hof te skik.