Karin Zoid het nuwe lewe in hierdie tradisionele Afrikaanse liedjie geblaas wat die top 10 gehaal het in die raserige kategorie.
Lees meerAlles vir Saterdag 24 Augustus 2013
Die ABC
Dié gewilde liedjie het kinders van kleins af die alfabet op ‘n maklike manier leer ken.
Hansie Slim
‘n Ou tradisionele volksliedjie wat tot vandag nog deur kinders gesing word.
Suikerbossie
Hierdie eenvoudige Afrikaanse liedjie is in die vyftiger jare in Engels deur die Suid-Afrikaanse sangeres, Eve Boswell gesing.
Ek verlang na jou
“Ek verlang na jou” is ‘n skepping van Jan de Wet en FC Hamman.
Waterblommetjies
Waterblommetjies is van Anton Goosen se tydlose treffers, reeds in die laat sewentigs geskryf.
Liefling
Liefling is ‘n oorseese liedjie met Afrikaanse woorde deur Hein Toerien.
Groen trui
Hierdie treffer van Jan Blohm was ook deel van die klankbaan van die Afrikaanse dramareeks Orion en het die top 10 gehaal in die raserige kategorie.
Ek skyn (heilig)
Hierdie is een van Fokofpolisiekar se bekendste treffers wat die top 10 gehaal het in die raserige kategorie.
Houtkruis
“Houtkruis” was ‘n groot gospeltreffer en het die top 10 gehaal in die populêre kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.
Sit dit af
Sit dit af is geskryf deur Johannes Kerkorrel (oftewel Ralph Rabie) wat ook deel was van die destydse Voëlvry-beweging.
De la Rey
De la Rey is gebaseer op die bekende Boere-generaal se lewe en het die top 10 gehaal in die populêre kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.
Sarie Marais
In die 1930s is ‘Sarie Marais’ verkeerdelik as die Suid-Afrikaanse volkslied gespeel tydens die Olimpiese Spele in Amerika.
Liewe Heksie
Liewe Heksie se stories, geskryf en voorgelees deur Verna Vels, het in 1961 die lig gesien op die radio.
O Boereplaas
Alhoewel Mimi Coertse in dié stadium in Europa gewoon en gesing het, het sy met hierdie lied in die harte van talle plaaslike Afrikaners geklim.
Sprokie vir ‘n stadskind
Koos du Plessis komponeer een van sy heel bekendste liedjies terwyl hy as jong man gedurende die middel sestigs in Hillbrow gebly het en as…
Trompie
Trompie is oorspronklik ‘n boekereeks van jeugverhale geskryf deur Topsy Smith.
Karoonag
Coenie de Villiers se skepping, Karoonag, het op sy eerste langspeler, Skoppensboer, in 1983 verskyn.
Dans dans dans
Jack Parow het in samewerking met Francois van Coke ”Dans Dans Dans” opgeneem wat die top 10 gehaal het in die raserige kategorie.
Veels geluk liewe maatjie
Die liedjie wat elke Afrikaanse maatjie van kleins af sing en na uitsien, want dit word gewoonlik gevolg deur kersies uitblaas en geskenke oopmaak.