Die lappop is geskryf deur Bettie Misheiker en oorspronklik gesing deur Doris Brash.
Alles vir Saterdag 24 Augustus 2013
Ou Ryperd
Chris Blignaut het Ou Ryperd beskou as een van sy gunsteling komposisies.
Hemel op die platteland
Hierdie liedjie van Fokofpolisiekar was glo die eerste Afrikaanse liedjie wat amptelik op 5fm se speellys geplaas is en het die top 10 gehaal in die raserige kategorie.
Heidi
Heidi was die temaliedjie van een van die gewildste kinderreekse op televisie in die 1970s en 1980s.
Hillbrow
Daar was ‘n verbod geplaas op Johannes Kerkorrel se eerste album “Eet Kreef” om op radio gespeel te word.
Die Stem van Suid-Afrika
Die woorde van Die Stem is in 1918 deur CJ Langenhoven geskryf en die gedig is reeds in 1921 deur ds. ML de Villiers getoonset.
Trein na Pretoria
Die Trein na Pretoria is sekerlik die bekendste treffer van Die Briels.
Dis ‘n land
Van Coke Kartel het hulle eie weergawe van die Afrikaanse treffer opgeneem wat oorspronklik deur Carike Keuzenkamp gesing is en het die top 5 gehaal in die raserige kategorie.
Beautiful in Beaufort-Wes
Dié liedjie van Gert Vlok Nel het ikoonstatus verwerf en is ook later deur Theuns Jordaan gesing.
Mystic Boer
Hierdie treffer was deel van Valiant Swart se debuut-album Die Mystic Boer.
Zambezi
Nico Carstens se instrumentale treffer, Zambezi, is internasionaal bekend.
Lisa se klavier
Die liedjie handel oor die pianis Lisa Joubert, wie se klavierspel Koos Kombuis baie geniet het.
Stuur groete aan Mannetjies Roux
Hierdie eietydse liedjie uit die pen van Christopher Torr oor die rugbyheld is onder andere deur Laurika Rauch opgeneem.
Wielie Walie
Wielie Walie was vir 20 jaar lank die SAUK se vlagskip Afrikaanse kindertelevisiereeks.
Kinders van die wind
Kinders van die wind was die kenwysie van die Afrikaanse TV-dramareeks “Phoenix en Kie” wat in 1979 uitgesaai is.
Wat kyk jy
Die Antwoord is ‘n groep van Kaapstad wat die sogenaamde zef-kletsrym bekend gemaak het.
Siembamba
Siembamba verwys na die oorspronklike liedjie “Sien die mamba” wat in die volksmond siembamba geword het.
Al lê die berge nog so blou
Al lê die berge nog so blou is ‘n volksliedjie wat geliefd geraak het nadat Mimi Coertse dit opgeneem het.
Ver in die ou Kalahari
Die melodie en woorde vorm ‘n pragtige eenheid wat die Kalahari op unieke wyse besing.
Blouberg se strand
Oorspronklike ‘n Duitse liedjie vertaal deur Christopher Torr wat Laurika Rauch weer tot groot hoogtes laat styg het. Blouberg se strand het die top 10 gehaal in die Populêre kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye