Die 96-jarige Fred Stobaugh het onlangs vir ‘n liedjieskryf-kompetisie ingeskryf en sy lirieke het die beoordelaars só geraak dat dit nou getoonset is en op iTunes verkoop word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 Augustus 2013
Rugby-moord: Seesoldaat het glo vroeër ook baklei
‘n Rugby-ondersteuner wat buite Durban se Kings Park-stadion doodgeslaan is, was die aand moontlik in meer as twee vuisgevegte betrokke, het die Durbanse landdroshof Dinsdag gehoor.
Pompjoggies staak volgende week
Nog werkers in die motorbedryf, insluitend petroljoggies wat aan Numsa verbonde is, sal volgende week staak, het die vakbond Dinsdag gesê.
Internasionale oorlogswolke pak saam oor Sirië
Die sekeretaris-generaal van Navo, Willy Claes, meen die Amerikaanse minister van buitelandse sake het in ‘n toespraak reeds ‘n strafaanval teen die bewind van Bashir al Assad van Sirië aangekondig. Iran het reeds oor die gevolge van so ‘n inval gewaarsku.
Video: Kleuter klou vir haar lewe terwyl motorfiets jaag
ʼn Johannesburgse inwoner was geskok om te sien hoe ʼn kleuter Sondag aan ʼn motorfietsryer vasklou vir haar lewe met slegs ʼn blou fietsvalhelm op, terwyl die motorfietsryer deur die stad se strate jaag.
Kaap nog nie uit koue se kloue
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Dinsdag gewaarsku dat nóg ʼn kouefront die Kaap getref het.
Hof verwerp Zuma wantroue-mosie
Die konstitusionele hof het Dinsdag ʼn aansoek, dat ʼn mosie van wantroue teen president Jacob Zuma in die parlement gedebatteer moet word, met koste van die hand gewys.
SA kry nuwe laekoste lugredery
Safair, ʼn maatskappy wat vliegtuie verhuur en bestuur, het goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Lugdiens Lisensiëringsraad ontvang om binnekort met ‘n binnelandse lugredery, FlySafair, te begin.
Plesierengel
deur leon van Nierop Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – ʼn man wat R15 000 per nag vra en die land se…
Malema-huis: Nuwe eienaar dalk óók in sop by SAID
Die man wat Julius Malema se half-geboude huis in Sandown, Johannesburg, tydens ʼn veiling gekoop het, word vermoedelik ook weens belastingbedrog ondersoek.
Moord in Klerksdorp-tronk
Die Klerksdorp-polisie het Dinsdag ʼn 26-jarige gevangene in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 25-jarige gevangene. Sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Dinsdag gesê die moord is Maandag omstreeks 11:30 in die Klerksdorp-gevangenis gepleeg.
Lang vonnis vir bejaarde se verkragter, moordenaar
ʼn Man wat skuldig bevind is aan die verkragting, marteling en moord op die bejaarde Anne Roebert by haar huis in die Oos-Kaap in 2012, is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê, het die Dispatch Online Dinsdag berig.
Wolhaarstorie oor groot Mars weer in omloop
‘n E-pos wat nou al sedert in Augustus 2003 die rondte doen, is weer deur liggelowiges gesirkuleer.
Verkragters kla oor vonnis, kry lewenslank
Twee reeksverkragters wat teen hul vonnis van 20 jaar tronkstraf appelleer het, is daarna tot lewenslange tronkstraf gevonnis, het Beeld Dinsdag berig.
Pendoring-finaliste aangekondig
Maroela Media en sy reklameagentskap Etiket, het altesaam vier nominasies in drie kategorieë ontvang vir sy Grootste Afrikaner van Alle Tye-veldtog.
“OB-bevindings sal nie 2014-verkiesing beïnvloed”
Die Openbare Beskermer se verslag wat Maandag bevind het dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se voorsitter, adv. Pansy Tlakula, skuldig is aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie, sal glo nie ʼn invloed op volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiessings hê nie.
Nuuskommentaar: 80 jaar Bybel in Afrikaans
Dit is vandag presies 80 jaar dat die Bybel in Afrikaans amptelik beskikbaar is.
Fochville-boer vas wat glo huurders skiet
ʼn Boer van Fochville in Gauteng, is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo in die polisie se teenwoordigheid twee huurders doodgeskiet en ʼn ander gewond het, het Beeld Dinsdag berig.
Man sterf, kinders kritiek ná Benoni-botsing
Een persoon is dood en vyf ander, waaronder drie kinders, het ernstige en kritieke beserings opgedoen nadat ʼn bakkie en ʼn voertuig Maandagaand reg van voor teen mekaar in Benoni, oos van Johannesburg, gebots het.
Grondwethof gaan sê oor Zuma wantroue-mosie
Die konstitusionele hof sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer oor of ʼn aansoek vir ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma in die parlement gedebatteer moet word.