Kayla Smith van Vancouver in Kanada was só ontsteld nadat haar fiets verlede week gesteel is, dat sy besluit het om haar fiets terug te steel
Lees meerAlles vir Woensdag 28 Augustus 2013
Gupta-landing: OB gaan taakspan ondersoek
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, sal ‘n klag ondersoek teen die taakspan wat die Gupta-vliegtuigskandaal ondersoek het, het haar kantoor Woensdag gesê.
Man aangekla wat hom glo aan Mugabe “afvee”
‘n Man van Zimbabwe is aangekla nadat hy glo verkiesingsplakkate van pres. Robert Mugabe as toiletpapier gebruik het, het plaaslike media Woensdag berig.
Dié geslag kyk die meeste TV…
Televisiekyk is een van die top ontspanningsaktiwiteite waaraan Suid-Afrikaners tyd spandeer, het Statistics SA (Stats SA) Woensdag in Pretoria bekend gemaak.
Die aandete
deur Herman Koch Aan die ander kant van die lyn het my broer ’n diep sug gegee. “Ek dink jy weet waaroor dit gaan,” het…
Rooftogdrama by Oriental City in Bruma
Twee werkers van Oriental City in Bruma, Johannesburg, is Woensdag tydens ʼn gewapende roof geskiet en gewond.
AfriForum beplan verskerpte veldtog teen plaasmoorde
AfriForum het Woensdag aangekondig dat hy aanstaande maand ’n verskerpte veldtog van stapel sal stuur teen die regering se weiering om plaasmoorde te prioritiseer.
Tronkbewaarders kry slim ID-kaarte
Personeel wat by die departement van korrektiewe dienste se hoofkantoor in Pretoria werk, het Woensdag slim ID-kaarte van minister Sibusiso Ndebele ontvang.
Man ná besnydenispartytjie doodgeskiet
ʼn Man van die Oos-Kaap is doodgeskiet nadat hy saam met sy broers by ʼn besnydenispartytjie was.
Nog ʼn skietery op Fochville-plaas
ʼn Man is Dinsdag doodgeskiet en ʼn ander gewond op ʼn boer se plaas in Fochville waar twee huurders Maandag in die polisie se teenwoordigheid doodgeskiet is, het Beeld Woensdag berig.
Niks kan my keer nie- Candy Benson
Baie mense sal Candy dalk net sien as nog ‘n blondekop wat nie juis veel het om te bied nie. Dis allesbehalwe die waarheid.
Seun se oë tydens gru-aanval uitgesny
ʼn Sesjarige Chinese seun sterk aan in die hospitaal nadat ʼn vrou, wat vermoedelik organe op die swartmark verkwansel, hom in ʼn veld ingelok en sy oë uitgesny het.
Nuwe element se bestaan bevestig
Sweedse wetenskaplikes van die Universiteit van Lund het die bestaan van nog ‘n element bevestig.
Foto’s: ANN7-advertensiebord het bejaardes op hol
Die Suid-Afrikaanse Forum vir Ouer Persone (SAOPF) het ʼn amptelike klagte teen Africa News Network 7 (ANN7), die nuwe nuustelevisiekanaal wat deur die Gupta-familie bedryf word, ingedien weens ʼn advertensiebord langs die N1-snelweg naby Sandton wat glo diskriminerend teenoor bejaardes is, het Beeld Woensdag berig.
‘Spiderman’-seuntjie sterf ná fratsongeluk met kragopwekker
Zaydon Jooste, ʼn driejarige seuntjie van Springs wat deur sy ouers “klein Spiderman” genoem is, is Woensdagoggend dood nadat hy verlede Vrydag tydens ʼn fratsongeluk erg gebrand het.
Boer ry per ongeluk dogtertjie dood
Martin Kruger, ʼn 37-jarige boer van Dewetsdorp, en sy vrou, Ursula (28), is platgeslaan nadat Martin Maandagmiddag per ongeluk sy 17 maandeoue dogtertjie met sy bakkie doodgery het.
Taxibestuurder vas vir moord
ʼn Taxibestuurder is Dinsdag in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man tydens ʼn argument doodgeskiet het.
Nuuskommentaar: Oorlogswolke oor Sirië en Zuma
Hoewel die DA die mosie van wantroue-saak verloor het, is die oorhoofse verloorder die ANC. Die parlement is ses maande gegun om die ordereëls so aan te pas dat ‘n mosie van wantroue wel gestel kan word, en deur die parlement gedebatteer moet word.
Uitdrukking: Dit gaan blikkies met jou
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking ‘Dit gaan blikkies met jou’.
Goudbedryf: Kamer van Mynwese maak finale aanbod
Die Kamer van Mynwese het Dinsdagmiddag ʼn finale aanbod van ʼn verhoging van 6% vir Solidariteit se lede in die goudbedryf gemaak. Die aanbod neem die vorm aan van ʼn tweejaarooreenkoms en is aan ʼn winsdelingskema gekoppel.